Timeline

Saturday, 24 September 2011

Ons huis

Posted by Picasa


Ek sê deesdae vir mense dat ek nie meer bid dat God ons moet help om die huis te verkoop nie, maar dat Hy eerder vir my moet help met meer geduld.  Hulle sê huiskoop (en trou!!) is nie perde koop nie.  Nou ja, met die huidige ekonomie, is ek seker die verkoop is erger as die koop! 

Ons kan slegs trek en begin planne maak vir ons emigrasie uit Suid Afirka na Australia as ons huis verkoop is.  Dus, is dit nou die laaste dingetjie wat in ons pad staan.  

In Julie 2005, net nadat my eerste man oorlede is, het ek besluit om uit Durban/Pinetown area te trek, terug na my bekende omgewing in Alberton, Gauteng. Na so 'n geweldige slag in my lewe wou ek nader aan my ouers en skoon ouers wees. Ek het die huis redelik vinnig na Jan se dood in die mark gesit.  Ek onthou nog goed, die huis het die Maandag oggend in die blaadjie verskyn en daardie aand was 4 mense op ons rylaan om die huis te kom bekyk. Almal gelyk.  Die agent het behoorlik bokgespring om die ouens tevrede te hou.  Hulle is toe almal daar deur die huis en terug op die rylaan staan hulle en stry oor wie eerste 'n offer gaan insit. Almal wou gelyk die huis koop!  En dit teen dubbel die prys wat ek en Jan die huis voor gekoop het aan die begin van 2003.

Tjoef-tjaf en die huis verkoop was afgehandel.

Nou ja, hierdie keer is 'n totale ander storie.  2005 was die ekonomie in 'n "boom"en alle huise het vinnig verkoop. Die huis mark was op sy top.

Nadat ek vir Sarel ontmoet het en ons verloof geraak het, het ons besluit om saam in te trek.  Met sy kinders en my kinders saam, is ons skielik 'n gesin van 6 en Sarel se 3 slaapkamer huis was nie meer groot genoeg nie.  Ons het toe onmiddelik begin soek na huise wat groot genoeg is vir die groot gesin.

Ons het oral in die omgewing gesoek. Sarel se kinders was reeds gevestig in hul skole. Ons moes dus in die voerarea van die skole bly, sodat my kinders na dieselfde skool kon gegaan het.

Ons kon net eenvoudig nie 'n lekker huis kry wat in ons prysklas is nie.  Die huise wat wel genoeg slaapkamers bied, was net bo ons vuurmaakplek.  Een van die agente vat ons toe na 'n huis in 'n estate wat soos die kraai vlieg, nie eens 1km van ons huis af was nie.  Ons het nie van die huis gehou wat die agtent ons gewys het nie (toevallig bly my ginekeloog nou in daardie huis!), maar ons het verlief geraak op die area en besluit om 'n erf te koop en ons eie huis te bou. 

Sarel het al voorheen gebou en my pa is 'n elektrisiën, met baie bou ondervinding, so ons was reg vir die groot taak.

Ons het 'n perfekte erf gesien en dit gekoop.  'n Baie goeie argitek vriend het ons bouplanne gedoen en teen einde 2007 was ons reg vir die bou. Voor die bou het ons nog gou getrou, Sarel se huis verkoop en oorkant ons erf in 'n huurhuis ingetrek.  Ons was reg om as eienaarbouers ons huis te bou.

Hier is 'n paar foto's van ons bouwerk en ons huis:

Die erf voordat ons begin bou het



Grondwerke begin



Grondwerke en voorbereiding

 



Die kinders speel tog te lekker in die sand wat vir die grondwerke afgelewer is



Voorbereiding vir die "raft foundation" - hier is baie dolomiet grond en gevolglik mag hier slegs "raft" fondasies gedoen word

 


Die elektriesiteits, riool, ingeboude vacuum cleaner en Sarel se home automation pype word gelê voordat die sement kom.  Die huis reg in die middel, regs van die geel huis, is die huurhuis waarin ons gebly het terwyl ons gebou het.  Ons kon lekker toesig hou oor ons 'baba'.

 


En daar kom die sement. 
Hierdie was die 8ste Desember 2007 gedoen. Ek onthou nog goed, want dit was die dag voor my verjaarsdag.

 


Terwyl hulle die sement gooi, het 'n vreeslike storm ons getref (Tipiese Hoëveld storm). Al die modder het dit onmoontlik gemaak vir die sement trokke om naby die fondasie te kom en gevolglik moes ons vinnig reel vir hierdie oranje monster om te kom help met die pomp van die sement.

 


Siende dat die boubedryf mos toemaak vir kersfees het ons die bouwerk laat staan tot Januarie 2008.  Hierdie was die eerste stene wat gelê is in Januarie.




En 'n paar weke later was ons reg om die "slab" te laat gooi vir die eerste vloer om gebou te word.



Hier begin hulle die eerste vloer se mure te bou op die droeë slab

 


En vinnig-vinnig was die eerste vloer gebou.


Die dak kom op ...




Die voorkant van die huis
 

Amper klaar gepleister




'n Kaaps-hollands huis moet mos wit wees!
 

Die huis is klaar - hier met al die ligte aan.  Dit was so snaaks, want Sarel het sy eie "home automation" ding hier by die huis ingesit.  Dit sou op hierdie stadium 'n rukkie neem voordat hy al die ligte uitsorteer het.  Gevolglike as mens 1 lig wil aanskakel om iets te doen in die aand, moes die hele huis se ligte aankom.  Ons bure en die mense wat verby gery het, het seker gedink ons was mal want AL ons ligte was altyd aan. Gelukkig het Sarel dit uitsorteer voordat ons ingetrek het.




Die ligte binne die huis


Ons huis van agter

 Ons huis van voor 


Ons het hierdie huis met liefde gebou. Daar was baie sweet, maar gelukkig nie bloed of trane nie. Dit was 'n wonderlike projek vir my en Sarel binne ons eerste huweliks jaar.  Ons het goed saamgewerk en die huis het baie goed uitgekom.  

Ons het Augustus 2008 ingetrek. Ons woon nou al 3 jaar in hierdie huis en ons is ongelooflik gelukkig hier.  Dit is 'n wonderlike entertainment huis met 'n groot kombuis, patio, snooker en pub kamer en genoeg slaapplek vir 'n klein army.  

As ons geweet het dat ons sou Australia toe immigreer, sou ons nooit die huis gebou het nie.  Maar ons kan nie vooruit sien nie en ons het ons besluit geneem. Ek gaan nie in Suid Afrika bly net omdat ons 'n goeie huis het nie.  

Ons het Janurie 2011 die huis in die mark gesit. Daar is huidiglik 5 agente wat die huis bemark.  Gister, die 23ste September, het ons 5de persoon na die huis kom kyk. Nog net 5 mense!!!! Dit is vreeslik min mense!

Maar nou ja, dit is 'n huis wat in 'n baie spesifieke mark is.  In tussen bid ek vir daardie geduld.  Elke persoon wat die huis kom kyk is een nader aan die persoon wat dit gaan koop, so ek is geduldig!!

Hou saam ons duim vas (en vir die wat wil, bid asb) dat die huis sal verkoop - of dat ek meer geduld moet kry :-)

Groete tot 'n volgende keer.

Monday, 12 September 2011

Mylpaal nommer 1

Vandag het iets baie spesiaal vir my gebeur.  Ek dink dit was een van daardie vele mylpale op ons reis.
Ek weet daar gaan sommige mense wees wat nie die êrns hiervan gaan verstaan nie, maar die wat alreeds besluit het om te emigreer, wie besig is met die proses of die wat dit reeds deurgemaak het sal verstaan waarom ek so opgewonde is oor wat vandag gebeur het.
As gevolg van verskeie redes, maar hoofsaaklik finansieel, het ons besluit om ons Desember “vakansie” na Australië te kanselleer en eerder ander plan te maak met die “entry” van almal.  Vir nou, gaan ek en Sarel alleen in Oktober na Sydney om ons “entry” te doen, ons bankrekening te aktiveer, buurte te gaan bestudeer en sommer net kyk hoe ons lewe gaan werk in Sydney. 
Ons hoop dan om voor ons “entry” datum verstyk al die kinders volgende jaar in te neem, of dalk kan ons selfs voor daardie datum emigreer.
Nou ja, terug na my spesiale ervaring vandag.  Ek skakel toe die reisagent wie ons altyd van gebruik maak (persoonlik en vir die besigheid) om ons vlugte vir Oktober te bespreek en sy vra al die nodige vrae insluitend of Sarel sy Nederlandse paspoort gaan gebruik en of sy my kan help met my visum aansoek.  Ingedagte sê ek vir haar ja, Sarel sal seker sy Nederlandse paspoort gebruik.  Sy vra my toe of ek sal regkom met my toeriste visum. 
Dit voel toe vir my of iemand my met ‘n plank oor die kop slaan en toe onthou ek.  ONS HET NIE VIUSMS NODIG NIE.  ONS HET PERMANENT RESIDENCY VIR AUSTRALIE.
Ek voel toe redelik stupid om vir haar se sê dat ek ‘n fout gemaak het oor Sarel se paspoort, maat toe verander my stupidgeit vinnig na trots toe ek haar vertel dat ons beide met ons Suid Afrikaanse Paspoorte ingaan want ons het ons PR visums en dit is ons “entry”.
Dit was amper onwerklik! Dit was 'n oomblik waar realiteit ingeskop het! Wow, ons gaan ons PR gebruik!  Ek is werklik trots op die feit dat ons die belangrike dokument het!
Op 'n ligter noot: Ek dink ‘n ander mylpaal is dat Sarel die naweek ‘n Australiese bankrekening oopgemaak het via die internet.  Ons kan net geld inbetaal in die rekening en kry geen rente totdat Sarel homself gaan “aanmeld” by die persoonlike bankier om te kan wys wie hy is (‘n Fika tipe ding) en dan kan ons begin transaksies doen met die rekening.
Mens kan maklik ‘n “immigrant rekening” by meeste Australies banke oopmaak via die internet.  Elke bank bied maar soos hier in SA dieselfde tipe diense en kostes.  Dit is ‘n persoonlike besluit en ek sal aanraai dat indien jy ‘n rekening wil oopmaak, dit nie te doen net omdat iemand gesê het die bank is goed nie. Doen jou huiswerk. Dit is hoekom ons internet het! J
Nou wag ek vir my volgende paar pylpale om julle te vertel.  Met elke mylpaal kom die tyd al hoe nader vir ons trek.

Friday, 9 September 2011

Ons hou die idee aan die lewe

Wag is nie noodwendig ‘n woord wat ‘n kind verstaan nie.  As hulle moet wag, dan verloor hulle gou fokus op die doel. Hulle gaan aan met hul lewe.  Hulle speel met maatjies, beplan "sleepovers" en bbm of mixit op hul selfone terwyl hulle fokus verloor.
Alhoewel die kinders baie gelukkig is met die idee om na Australie te trek, moet ek maar gereeld idees vorendag bring om die gedagte aan die gang te hou.
Ons het al vele “aktiwiteite” uitgedink om die kinders geïntereseerd te hou.  ‘n Paar idees wat ons al begin doen het is die volgende:
·         Laat die kinders saam met ons huise kyk op die internet en gee hulle kans om self vir ons te wys watter huis is hul gunsteling
·         Kyk op internet na skole, buitemuurse aktiwiteite en interessante plekke om te besoek
·         Ons begin vriende maak met mense in Sydney en probeer penvriende kry vir die kinders
·         Ons praat oor ons vrese, idiale en idees.  Almal deel aan hierdie gesprekke.
So het ons ‘n paar Sondae terug ‘n lekker gesins braai gehou en terwyl ons vir die vleisie wag om gaar te word, beluit ons toe om ons idees neer te skryf. Ons idee is om hierdie woorde van ons te onthou en later weer daarna te kyk, sodat ons kan dokumenteer oor hoe ons op verskillende stadiums voel.
Ons het 2 vrae aan onself gevra en die antwoorde was as volg:
(Ons het almal in Engels geantwoord, so ek skryf ons antwoorde woord vir woord neer)
Why do you want to move to Australia?
Cara (8yrs) - We are going to have lots of fun there.  They have more fun places. South Africa do not have so much fun places
Neré (10 yrs) – I want to get away from the strikes and taxi’s.  Striking people looks dangerous.  Taxi’s drive like idiots and cause bad accidents.
Megan (12 yrs) – It will be a big adventure. I want to feel what it feels like not living in South Africa. I will have freedom to do more things like going to the mall with my friends – ALONE – without my parents babysitting me.
Chantel (mother) – I feel like white people do not have opportunities, a history and future in South Africa. I don’t want to be judged in business on the colour of my skin, but want to have equal opportunities for myself and my children. I want to live somewhere where my children have a better future.
Sarel (Dad) – I want to be in a place where I can sleep every night without waking up and worry about every sound we hear. I want to go to parks that are free, clean and not fenced off. I want to live in a non-racial country where my children have a future.
Die 2de vraag was:
What I am I going to miss about South Africa?
Cara – Our big house, the pets, the family and South Africa
Neré – Our house, the pets, our family, Durban, the Kruger National Park, friends, school, our tutor, the cars and Honeydew Mazes
Megan – Family and friends. I will miss being with my friends at school every day.  The horse riding and our pets.
Chantel – I will miss my Mom and Dad.  Family, our pets. My domestic help and how easily we can get help in South Africa. I will miss the bushveld, being able to go dining out easily and cheap. My friends. I am going to miss my work.  With regards to food, I am going to miss SPUR Durky sauce and Jelly tots.
Sarel – Pets, bushveld, eating out and to braai on a wood fire.  I will miss our local pub: PEPPER CHAIR! And the big cheap steaks we get in South Africa
So daar het julle dit, hoekom ons wil trek en wat ons gaan mis.  Ek gaan nog vrae vir die kinders vra en sal dit weer hier neerskryf. Dalk vra ek weer dieselfde vrae en sien veral hoe die kinders se antwoorde verander.
Groete lot later en geniet die Rugby World Cup – dit begin vandag! Go Bokke!!!