Timeline

Monday, 24 October 2011

Hello Sydney

Kan julle glo, ons is in Syney!  Nee, ongelukkig nog nie om te bly nie, maar net om ‘n bietjie besigheid af te handel.
Die hoofrede waarom ons Sydney toe gekom het was om ons “entry” te doen.  Vir verskeie redes (wat nou te kompleks is om hier te noem) het ek en Sarel besluit om nou te kom en dan moontlik ons finale trek te doen voordat die “entry” datum vir die kinders verval.  As ons nie kan trek voor die kinders se entry datum verstryk nie, sal ons die kinders volgende jaar moet bring vir hul entry.
Ons het Woensdag die 19de teen so ongeveer 15:00 by Centruion Gautrain stasie op die trein gespring, OR Tambo toe gery (stresloos!!!! – I LOVE THE GAUTRAIN!) en ons vlug 18:15 gekry.  Net gou noem, my oudste dogter (Neré) was nogal hartseer toe ons by die huis weg is.  Ek kry toe ‘n sms van haar terwyl ons op die trein is en ek dink toe ag fooitog, sy mis my en dit is ‘n “ I love you” of ‘n “ I miss you” sms.  Maar nee!  Die sms lui toe: “ Mommy, you forgot to give me airtime (sad face)”. Ja-Nee, ons moet seker maar gewoond raak aan die prioriteite in die kinders se lewe!!!
Nou vir die nuus wat ek wil verkondig!
Ek en Sarel het nou offisieel PERMANENTE VERBLYFREG!!! Dit voel of ek op die dak kan staan en dit skree sodat almal dit kan weet.  Maar ..… dit is nie so ‘n BIG DEAL vir dié klomp nie.  Die hele “entry”-stamp-ding was maar taamlik onseremonieel. Net ‘n professionele “welcome to Australia” nadat die doane beampte ons paspoorte gestempel het.  Ek en Sarel het natuurlik gestaan en juig – saggies …. anders sou ons die ander doane beamptes se aandag trek.
Ek het dit al hier voor my gebeeld …. Hoe hulle my eenkant toe roep en my vra oor drugs en ander goed omdat my “gedrag die van pas is nie”. Ek het my al self gesien hoe ek mooi probeer verduidelik waarom ek opgewonde is en die res van die wêreld sien my op “border security”. Dus, om te vermy dat my grootste nagmerrie waar word, dié van my gesiggie op Border Security, het ons maar onsself stil en beleefd gehou en gejubel toe ons deur doane is!
Kan ek dit weer aan julle noem….?  Ek kan nou kom en gaan tussen SA en Australia soos ek wil.  Ons het verblyfreg!!!!!
More vertel ek julle meer oor wat ons al alles hier gedoen het en wat ons nog gaan doen.

No comments:

Post a Comment