Timeline

Friday, 28 October 2011

Wat doen ons in Sydney?

Ons bly nou by my swaer en skoonsus in Mosman en my skoonfamilie is so wonderlik.  My skoonsus het vir ons ‘n hele program uitgewerk om mense te ontmoet, woonbuurte te sien en sekere winkels te ondersoek.  Dit is wonderlik om sulke familie te hê! Hulle help ons so baie.
Ons het nou al reeds in Wahroonga gaan braai en liefelike mense daar onmoet. Verder  het ons lekker geshop in Warringah Mall. In die mall het ons pryse gaan vergelyk (tussen Australia en Suid Afrika pryse) van sekere items soos grassnyers, huis ware, fietse en nog ander.  Ons was ook by groot winkels soos Target en The Big W (dit is soos Game in SA), klerewinkels, Meubel winkels soos Freedom en Harvey Norman en nog vele ander.  Die algemene gevoel – Australia is duur!!!!!!!! Maar nie onmoontlik om hier te woon nie.
Die uiteinde van die prys vergelyking: koop soveel moontlik in Suid Afrika en bring dit met die krat saam. Behalwe…. Goed wat eerder in Australia ‘n waarborg moet hê (duurder en waardevoller items soos ‘n nuwe TV)  Indien julle anders voel of ‘n opinie hieroor het, skryf gerus ‘n boodskap. Ek luister na alle raad!!!
Ons het ook ‘n rukkie in Cherrybrook by ‘n kennis gaan kuier. Om die eerlike waarheid te sê, hierdie is vriende van my wat in Suid Afrika woon se familie. Ek ken haar eintlik van geen kant af nie, behalwe die bietjie wat ek van haar hoor via Facebook en van my vriendin af. Maar wat ‘n wonderlike mens?! Dit is so lekker en welkomend om Suid Afrikaners te ontmoet wat uit hul pad gaan om ons te help.  Hierdie nuwe vriendin het ons in die omgewing gaan rondwys, die skole, die winkel sentrums en nog vele ander. Ons het ook in die Cherrybrook bos/woud gaan koffie drink!  WOW – Ek het op ‘n ander persoon se blog heerlik gelees oor hoe hy en sy gesin in die woud gaan fietsry of stap en nou doen ek self.  Heerlik!
Net so was al die ander vriende aan wie my skoonsus ons bekend gestel het. Almal gee onvoorwaardelik raad en bied hulp aan.  Hierdie gemeenskap in Australia is ongelooflik.  Ek kan aanvoel dat ek lekker sal kan woon in hierdie lekker land.
Ons het vir 2 dae saam met ‘n relocation specialist rondgery en sy het vir ons ongelooflike raad gegee.  Sy het ook vir ons in die Northern Beaches area gaan skole en woonbuurte wys. Hier in Sydney (ek dink die hele Australia werk so, maar ek is nie seker nie), is die skole baie streng oor hul voergebied.  Dus, as jy aan die verkeerde kant van die straat bly, kan jy die skool se voergebied mis en dan kan dit wees dat jou kind nie in die skool kom wat jy wou gehad het nie. 
Met 3 kinders wat moet skool toe gaan, is dit vir ons ‘n prioriteit om in die areas te bly met die beter skole.
Ons het in areas soos Balgowlah, Balgowlah Heights en North Balgowlah, Frenches Forest, Belrose en Killarney Heights rondgery.  Ons het die 2de dag Upper North Shore gedoen en dit sluit in: Lindfield, Pymble, Gordon, St. Ives, Wahroonga, Turramurra and Northbridge.
Ons neig op die oomblik meer na die Balgowlah of St. Ives omgewing.  Die grootste rede hiervoor is dat dit BAIE goeie skole het, naby die stad is en naby die strande is.  Siende dat ons nog nie seker is waar Sarel gaan werk nie, is hierdie goeie areas omdat mens maklik met die paaie en openbare vervoer by al die areas kan uitkom, binne ‘n redelike goeie tyd.
In tussen het on sook ons bankrekening geaktiveer en hulle het vir my ‘n PINK bank kaart gegee.  Ek is mal oor my pink kaart!
Ek moet sê…. Ek voel so bevoorreg om hierdie Look, See and Decide (LSD) te kan doen.  Ek weet van baie mense wat net trek en nie hierdie voorreg het nie.  Ek het so baie inligting ingewin en voel nou nog meer gereed as ooit om te trek.  Nou nog steeds net daardie huis in Centurion verkoop!!!!!!!

No comments:

Post a Comment