Timeline

Friday, 18 November 2011

Back to normal

Dit is nou al net so oor die 2 weke dat ons terug is in Lieflike Suid-Afrika.  Ten spyte van al Qantas se “grounding” drama en frustrasies, het ons ‘n heerlike vlug gehad. As ons een dag  vroeër gevlieg het sou ons gestrand gewees her. Qantas het ons lekker vet gevoer met allerande snacks en lekker kos.  Die vlug personeel was baie gaaf en het nie ‘n “big deal” gemaak oor labour dispute nie.  Dit was werklik ‘n aangenamer vlug as toe ons Australia toe gevlieg het.
Terug by OR Tambo het die realiteit van AFRIKA ons getref toe ons uit die vliegtuig stap en van die grond personeel staan aan teenoorgestelde kante van die “ramp” en skree-praat op hulle manier in een of ander Afrika taal. Ek het afgelei daar was ‘n persoon wat met ‘n rolstoel gehelp moes geword het en hulle het aan mekaar probeer vertel wie die persoon is, want al wat ek kon uitmaak uit die geskree is wheelchair and Mr du Plessis.  Welkom in Africa!
Gelukkig was die ontnugtering van korte duur want terwyl ons aanstap na die doane, speel daar ‘n Afrikaanse liedjie oor die luidsprekers.  Dit was nou ‘n lekker gevoel.
Ons is met geen probleme deur doane – hulle check regtig nie eens die tasse nie… wat nogal skokkend is, maar nou ja – ek weet nie wat hulle agter die skerms doen nie, so miskien moet ek nie te negatief wees nie.
Ons het vinnig die Gautrein gekry en dit het nie te lank gevat nie, toe is ons by die huis.
Die kinders was so bly om ons te sien en kon nie wag vir al hul persentjies nie.  Ek dink hulle was meer opgewonde oor al hul persentjies as om ons te sien J
Nou-ja. Ons is midde die kinders se eksamen. My stiefdogter het nou vir 2 weke pampoentjies (pumps) gehad en kon die afgelope week nie eksamen geskryf het nie. Sy sal nou haar eksames moet inhaal hierdie week. Arme kind, maar gelukkig is sy ‘n goeie leerling en ek glo nie dit sal te moeilik vir haar wees nie.
Ja-nee, terug in na die normale lewe van deure sluit, alarm aansit, vrees om erens heen te gaan en wat nog als.  Hierdie trip na Australië het my nou net weer laat bevestig waarom ons wil trek.  
In tussen het on die eiendoms agente gevra om ons huis se prys te verlaag – hopelik sal die prys nou meer aanloklik wees.  Ek hoop net werklik dat die huis nou gou verkoop want ek is so reg vir ons nuwe lewe in ‘n eerste wêreld.

No comments:

Post a Comment