Timeline

Sunday, 20 November 2011

Wat het ons geleer uit ons trip na Sydney

Ek het belowe om te vertel wat ons uitkoms is van wat ons in Australië gedoen en geleer het.  Ons kuier in Australië was in 3 gedeel in terme van uitkomste. 
Ek moet sê: Ek voel baie bevoorreg om hierdie “huiswerk” te kon doen.
Die eerste was om met expats te ontmoet en soveel moontlik inligting by hulle te kry. Danksy my skoonsus wat vele ontmoetings met met van hulle expat vriende gereel was hierdie doel uitgesorteer. Die 2de uikoms was om skole en woonbuurte te sien. Dit het ons grootliks gedoen deur met ‘n “relocation specialist” te werk en om self na “open houses” te gaan kyk.  Die laaste deel was om in winkels rond te hang (salig!!) en pryse te vergelyk.
Nou ja, hier volg ‘n opsomming van my eie idees. Indien julle ander idees het hieroor, laat my gerus weet. Ek waardeer terugvoer.

·         Pak soveel as moontlik van jou SA goed in. Borde, koppies, “bakkies en kakkies”. Moenie jammer voel vir die huishulp en ‘n klomp goed vir haar gee nie. Jy gaan daardie selfde goed heel moontlik in Australia moet vervang teen ‘n baie hoë prys. Indien jy dit regtig nie nodig het nie – gee weg in SA, maar verkieslik in Australia nadat jy evaluasie daar gedoen het. Dit kos baie duur om enige iets te vervang, so dink baie versigtig. 
·         Indien jy graag met ‘n skoon bladsy wil begin en nuwe meubels, borde, potte en ander goed wil hê, koop dit in SA en bring dit saam met die skip in.  Dit gaan jou in meese gevalle baie goedkoper uitwerk.
·         Australiese winkels se webtuistes is redelik volledig en vergelyk eerder pryse voordat jy in SA  koop of besluit om in Australië te vervang. 
·         Al die geld wat jy spaar om nie iets in Australië te vervang nie, kan beter benut word, soos om weer jou kruideniers aan te vul, om ‘n paar interessante goed te gaan doen om die aanpassing vir die kinders makliker te maak en om eerder te spaar vir daardie eerste huiskoop.
·         Moenie jou SA boeke bring nie. Hier praat ek van boeke soos ou Gesangeboeke of Liedboeke van die Kerk, SA tuinmaak, Diere en Voëlboeke, ou skool en Universiteits handboeke – behalwe natuurlik as dit sentimentele en/of nog praktiese waarde het!
·         Vat soveel moontlik van jou meubels saam of koop nuwe meubels (veral hout as jy kan) omdat dit redelik duur is in Australia, maar onthou ook dat jou huis baie kleiner sal wees in Australia as in SA, dus maak seker dit is nie “bulky” meubels nie. Dink prakties, maar moenie onnodige goed koop omdat jy dink jy dit gaan nodig hê nie. As jy tot nou toe sonder dit kon leef, gaan jy heel moontlik ook in Australia daar sonder kan leef.
·         Meubel koop waarskuwing – die immigrasie ouens kan vir jou vra om te bewys dat die meubels wat jy inbring ouer is as 1 jaar is of dat jy dit meer as 'n jaar terug gekoop het.  Ek verstaan dat indien dit nuut is, kan hulle glo invoer belasting (of so iets) te vra.
·         Australia het ‘n ongelooflike goeie “storage” retail bedryf.  Daar is spesialis winkels wat die storage goed verkoop. Baie van die plastiese “containers” in SA is nog steeds goedkoper, maar sekere van die produkte is meer prakties uiteengesit in Australia – gaan kyk gerus op IKEA se website en ook Howards Storage World. (Die geld wat jy spaar om nie duur meubels, borde en koppies in Australië aan te koop nie, kan jy gebruik om beter storage oplossings te gaan koop)
·         Koop verkieslik al jou duur elektriese ware in Oz.  Die belangrikste rede hiervoor is dat jy ‘n Australiese waarborg sal hê – ek praat nou nie van die extended waarborge wat hulle probeer smous nie.  Bv, ‘n wasmasjien, vacuum cleaner, TV, Grassnyer – hierdie is alles items wat heel moontlik goedkoper in SA sal wees, maar wat doen jy as die ding 6 maande in sy SA waarborg breek – dan het jy geen waarborg in Australia meer nie.  Hierdie is natuurlik nie so belangrik as die item baie goedkoper in SA is teenoor Australia se pryse nie – dan is dit dalk die waag kans werd. Jy moet self hierdie tipe risiko uitwerk.  (lekker confusing nê?
·         Moenie jou baie goeie wasmasjien, tuimeldroeer ens vervang nie. Vat dit saam. Indien dit goed werk en nog ‘n paar jaar sal werk, sal dit ook goed wees vir Oz. 
·         Jy kan ook as jy wil seker maak dat jy nuwe produte koop van bekende name soos LG wat nogals groot is in Australië. Kyk op die websites watter handelsname is bekend en watter van SA se goed is nie beskikbaar of groot in Oz nie.  Onthou, LG het gewoonlik uitgebreide waarborge op al hul goed en dit geld in alle lande.  Maak seker hiervan en die geldigheid voordat jy duur items koop.
·         Daar is wel winkels in Oz wat redelik goedkoop yskaste, wasmasjiene ens verkoop.  Net soos in SA, is daar winkels waar jy die goed teen half die prys (of baie goedkoper) kan koop net omdat dit ‘n krapmerk of duik in het – of ‘n demo model is.  Gaan kyk op “2nds world” se website (gaan soek dit op Google).  Daar is ook ander plekke wat goedkoop “white goods” verkoop soos “the good guys”.  Soek dit ook op Google en kyk hoe dit vergelyk.
·         Bing Lee is ‘n groot elektroniese en “white goods” winkel.  Hulle sny pryse en verklaar dat alles in hul winkel onderhandelbaar is.  Gaan kyk ook op hul website vir pryse en specials. Harvey Norman is ook ‘n bekende groot handerlaar in die items en hulle is ook redelik onderhandelbaar.  Gaan prys gerus die items self op die websites.
·         As jy ‘n vacuum cleaner koop, maak seker dit is ‘n ligte een. Onthou – jy gaan al jou huiswerk self doen en daar is ook ‘n groot kans dat jy in ‘n dubbel verdieping opeindig. Dus, maak seker dat jy gemaklik voel met die vacuum cleaner.
·         Indien jy jou huidige vacuum cleaner en grassnyer saamneem – maak seker dit is besonders goed skoongemaak. “Gesteamclean of gepressure clean”.  Dit sluit ook in vir fietse.  Doane maak die kratte oop om te check as hulle sien daar is fietse, vacuum cleaners en grassnyers in die trek (hulle doen dit ook vir kamp toerusting!).  Doane (soos ek verstaan) stel nie belang in sertifikate van profesionele skoonmaak dienste nie – doen dit eerder self as om ‘n professionele diens in te kry en spaar so geld.
·         Meeste Australiese huurhuise kom met ‘n wasmasjien en ‘n skottelgoed wasser – dus het jy nie nodig om dit te koop of saam te bring nie.  Maak seker oor dit voordat jy trek.  Soos ek verstaan moet die huis wat nie ‘n wasgoedlyn het nie, ‘n tuimeldroeer hê. Dus as jy te veel saambring gaan dit dalk in storage moet bly (of in die garage – as jy een het).  Weeg die waarde van die wasmasjien, skottelgoedwasser en tuimeldroeer op teenoor die risiko dat dit dalk vir ‘n jaar of meer gestoor sal moet word.
·         As jy kinders het, probeer om so 2 jaar se klere vooruit te koop.  Ek bedoel nou hier die basics soos jeans, t-shirts, tekkie (sneakers).  Dit gaan jou ‘n rukkie neem om agter te kom waar jy goedkoper klere kan koop en met die klere wat jy saambring, koop jy dalk ‘n jaar se waarde voordat jy eers seker maak waar jy wil koop.  Hier in SA weet ons mos wat ons by PEP, Ackermans, Woolies en Edgars kan koop en watter kwaliteit is watter prys en winkel werd.  Dit gaan jou nog ‘n rukkie neem om te weet watter waarde byvoorbeeld die Big W teenoor ander winkels se klere gaan wees.  Dit is nog iets waarop jy goed kan spaar en die geld dalk beter kan aanwend.
·         Beddens is baie duur in Oz, dus indien jou matrasse ens nog goed is – bring dit saam.  Jy kan ook eerder nuwe bedens in SA koop en dit met die skip inbring.  Maar wees gewaarsku – beddegoed se grootes verskil (‘n klein bietjie)
·         Linne – indien jy SA beddens saambring, koop genoeg linne om jou die volgende paar jaar te hou.  Linne is nogal duur in Oz.
·         Gordyne – Meeste huise (veral huurhuise) het “blinds”.  Ek het so bietjie na die gordyn pryse in plekke soos Freedom (kyk op website), IKEA en Big W gekyk en die pryse lyk nie te sleg nie.  Net ‘n bietjie duurder.  My raad sal wees om die gordyne saam te bring wat jy het (indien jy wil) en eers in Oz te kyk wat gaan werk en wat nie. Dit is nie te duur om daar “ready made” gordyne te koop nie.  Jy wil ook seker maar eerder seker maak oor die grotes en dit gaan help om dan eerder in Oz te koop.
·         Handoeke is baie duur in Oz – koop jou voorraad in SA!  Die beste kwaliteit by SA Woolworths is baie goedkoper as die standaard handoek in Oz. Hierby ingesluit …… swemhandoeke!!!!
·         Soda Stream … Ons het wel die Soda Stream produk in die Bing Lee winkels gesien, maar dit lyk of die gasbottel langer is as wat ons s’n hier is.  Ek is self nie seker oor hierdie een nie. Indien jy 100% seker wil maak, stel ek voor dat jy ‘n Soda stream agent kontak om te hoor of die Australiese produk verskil van SA s’n.
·         Naaldwerk goed, soos material, garing, wol ens is baie dieselfde geprys as in SA. Daar is duur winkels maar ek het ook goedkoper winkels gesien.  Ek doen baie kruissteek werk en ek is gemaklik om my “stash” daar aan te vul.
·         Tools – vat wat jy het in SA. Dit gaan baie duur kos om dit te vervang in Oz.  Dus, vat jou boormasjien, hammers en al daai goedjies saam.  Indien jy nuwe elektriese tools moet koop – onthou (of neem in ag) die waarborg dilemma. Onhou om jou tools skoon te maak! Los maar die grawe, pikke en harke by die huis en vervang dit in Oz.
·         Fietse is redelik dieselfde geprys as in SA.  Hier bedoel ek nou die kwaliteit wat jy in Game, Pick’nPay of Makro sal kry.  Dit gaan so klein bietjie duurder kos, maar dit sal jou nie arm maak nie.  (Ek het nie na die pryse van fietse gekyk in specialiteits winkels of daardie waarmee jy kompetities doen nie)
·         Fiets valhelms.  Omdat dit wet in Oz is om valhelm te dra as jy fiets ry, skaats of rollerblade, is die kwaliteit van valhelms baie beter in Oz. Dit is my opinie. Ek het na die pryse gekyk en ek voel gemaklik om $20 - $40 te betaal vir ‘n valhelm. (hierdie was by Target en Big W geprys).  Daar is wel duurder helmets, maar ek voel die goedkoper valhelms is van goeie kwaliteit en voldoen aan die Oz wetlike vereistes.
·         Fiets rake – koop dit in OZ. Daardie wat aan jou motor hak sit. Die hak in Australië lyk anders as in SA so jou SA rak sal nie in Oz werk nie.
·         Winkels soos the Big W en Target is soos Game, Dion, en Makro.  Gaan kyk gerus na hul pryse op die web om self te vergelyk. 
Ek hoop bogenoemde lys maak julle nie te deurmekaar nie.  Wat ek weet is dat ons wel gaan foute maak en wens dat ons sekere goed nie saamgeneem het nie of dat ons eerder goed saamgeneem het, maar met bogenoemde info, glo ek ons sal ons spyt kan minimaliseer.
Maak nie saak wat ons vat of los nie, ek sien nogal uit na die uitdaging om die trek te beplan.
Volgende post sal ek julle vertel van ons eerste kwotasie vir ons trek.
Cheers

1 comment:

  1. Chantel, in kort baie goeie raad. Ons is ou bietjie meer as vier jaar in Aus, en ek stem saam met dit wat jy aanbeveel. Sterkte vir julle trek en al die voorbereidings. Dit is 'n groot perd om op te saal maar vir ons was dit defintief die moeite werd.

    ReplyDelete