Timeline

Thursday, 29 December 2011

Kersfees 2011



Dit is heel moontlik ons laaste Kersfees in Suid Afika vir 'n lang tyd en ons het besluit om die vakansie behoorlik te benut. Ons het nie soos die ander Gautengers see toe gegaan vir vakansie nie, maar by die huis gebly.

Ons het die kinders na Emperors Palace (Casino) geneem waar hulle 'n hele tuin opgemaak het met liggies. Dit was baie mooi en die kinders het hulleself vreeslik geniet.

As ek nou terug dink aan toe ek 'n kind was en ons na die liggie in Joubert Park (JHB) en Wemmer Pan gaan kyk het, moet ek eerlik sê, ek dink dit was beter in daardie dae. Daar was beter uitstallings. Hierdie likkies by Emperors was maar net rope lights wat in mooi vorms was en mooi geflikker het. Maar dalk is ek bevoordeeld omdat ek 'n kind was toe ek liggies gaan kyk het en alles was toe mos 'n bekooring. Maar in elk geval, die kinders het dit geniet en ons het 'n heelike aand gehad.



Neré, Cara en Megan




Nou ja, ek haat om voor die kamera te wees, maar Neré het daarop aangedring om ook vir Mamma by die liggies af te neem.



Vreeslike mooi vertonig van musiek in die liggies.



'n Vreeslike groot liggie kersboom



'n Avatar boom? Oja, en ons



Ons het ook van die vakansie gebruik gemaak om bietjie te gaan piekniek hou by Rietvlei dam. Die kinders het probeer J-board.



En Sarel het ook probeer J-board. Hy het dit actually reggekry!! Nooit te oud om iets nuut te leer nie ;-)



En ons het Batmington gepeel





En 'n vleisie gebraai!





Kersfees 2011 - Megan



Kersfees 2011 - Cara



Kersfees 2011 - Neré



Kersfees 2011 - Sarel en Chantel




Omdat dit heel moontlik ons laaste Kersfees in SA is (wel, behalwe nou as ons terug kom vir 'n kuier), het ek vroeer die jaar die naaste familie genooi om Kersdag by ons te kom spandeer. Ons was 21 volwassenes en 7 kinders. Elke gesin het 'n dis gebring (Gelukkig moet ek nie al die kos maak nie!) en op 'n wonderbaarlike manier het ons almal op ons stoep (patio) ingepas vir 'n aansit ete. Dit was 'n heerlike dag en nadat ons geëet het, het ons almal geskenke uitgeruil en lekker gekuier. Dit sal vir my baie spesiaal bly om ons laaste Kersfees so met al die familie te kon vier.

My ouers, Sarel se ma, my oorlede man se ouers, Sussies en skoonsussies, swaers en niggies en nefies het ons dag heerlik gemaak. Maar ten spyte van die lekker kuier, was ek poegaai aan die einde van die dag. My voete het gepyn en my bene gebrand. Ek was amper heel dag op my voete. Gelukkig is die 26ste ook 'n vakansie dag en ek het dit gebruik om te rus.



Die tafel wat 21 mense kon vat



Ons kerskouse



Die Kersboom



Almal kry hul plekkie by die tafel. Ek het klein geskenkies vir elkeen gekoop en dit as plekname gebruik.


Nou ja, so is nog 'n Kersfees daarmee heen en oor 'n paar dae is dit nuwe jaar.

Ons hoop julle het almal 'n heerlike kersfees gehad.
Ons wens julle almal 'n baie geseënde en voorspoedige 2012 toe.

Mag 2012 die jaar wees wat ons uiteindelik weer ons wortels kan skiet in 'n nuwe land.
Posted by Picasa

2 comments:

  1. Pragtige foto's Chantel, van julle almal. Ons het pas ons vyfde Kersfees hier in Aus spandeer en die verlange is nogal erg oor hierdie tyd. Dit was 'n goeie idee van julle om tyd saam met almal te spandeer, dis kosbare herinneringe! Mag julle 'n opwindende en voorspoedige 2012 hê!

    ReplyDelete
  2. Dankie "Mollers Down Under". Ons hoop ook werklik dat ons planne vir 2012 sal reg uitwerk. Ek voel baie positief. Alle voorspoed vir julle vir 2012. Groete Chantel

    ReplyDelete