Timeline

Tuesday, 4 December 2012

Ek is poegaai!!!

Kyk, my ma sê altyd: "Trek is net so 'n ou klein woordjie, maar dit is 'n baie groot werk"  Nou ja, ek kan daarmee byvoeg en sê dat Emigrasie 'n groot woord is, maar dat dit nie naby so groot is soos die werk wat dit meebring nie"!

Dit voel vir my of ek al maande lank aaneen uitsorteer (Ek dink ek doen dit nou al vir maande!!) Elke ding wat ek optel is "container, tas, weggee, verkoop of weggooi".  Alles het 'n plek in een van daardie kategorieë en glo vir my ... dit maak met verstandelik moeg om oor alles te dink. EK IS POEGAAI GEDINK!

Ek het oral op my kaste van hierdie post-it notes wat duidelik aandui ... Container of Tasse.  Dit beteken dat die goed in die tasse is waarmee ons vir 3 maande moet oor die weg kom terwyl ons vir die container wag.  Elke ding wat container toe, word baie goed oorweeg of ons sonder dit kan oorleef vir 3 maande!

Dit is nogal verbasend om te sien met hoe min goed jy werklik oor die weg kan kom!

Ons het vandag die kombuis en veral die spens getakel.  Ek het al die oorblywende kossies soos pastas, ens uit hul houertjies in sakkies gesit en al die houertjies is gewas en reg vir die container.  Nou moet ons binne die volgende maand al daardie sakkies kossies opeet.  Ons gaan beslis elke aand uiteet - uit blikkies en sakkies uit.

Al wat nog oorbly om uit te sorteer is my klere en die kinders se speelgoedkas.  Verder is die hele huis uitgesorteer en ons is op 98% reg vir die container.

Verder het ons 'n werker gekry om ons te kom help om al die fietse, kamptoerusting en die gereedskap skoon te maak.  Dit word nou veilig in die spaarkamer gebere, sodat dit nie terug garage toe nie!

Ek belowe vandag hier dat ek NOOIT, OOIT weer so baie goed bymekaar sal maak nie!!! Dit is moer harde werk om alles uit te sorteer. Ek hoop werklik dat hierdie 3 maande sonder my "goed", my sal leer dat ek nie so baie goed nodig het nie.  Dit is back to basics vir my!!!


Thursday, 29 November 2012

Die huis is verkoop!!!!

Ja, julle het reg gelees, die huis is verkoop. 

Ons het die laaste maar maande die huis baie meer bemark en laas Saterdag het ons 'n offer geteken.  Die kopers het my privaat deur Private Property gekontak en hulle het verlief geraak op die huis.

Na 'n bietjie negotiations het ons op 'n bedrag ooreengestem en ons het 'n offer geteken!!!  Vandag het ons gehoor dat hul lening en alle papierwerk reg is ... so ons huis is verkoop.  En dit net voor ons container kom en dat ons vlieg.  Die timing was perfek!!

Verder doen ons maar al die nodige voorbereidings vir die GROOT TREK en bly maar besig.

Tot later ..

Saturday, 17 November 2012

Aaklige paar dae!

Ek wou die titel eerde maak "K@K paar dae" maar dit mag dalk nie so goed afgaan met almal nie (hie-hie)

Ja, ons het 'n lekker farewell geskenkie van Suid Afrika gekry.  1 maand, 3 weke en 3 dae voor ons trek na Sydney, het hulle Sarel (manlief) se laptop rugsak uit sy kar gesteel!

Sy laptop (Mac), iPad en ID was in die sak.

Hy het van 'n vergadering gekom en oppad terug huis toe (wat ook die kantoor is) het hy by 'n hardewarewinkel gestop. (Chamberlains in Centurion).  Sy laptop sak was goed weggesteek, maar die bliksems het hul kar langs Sarel s'n ingetrek, die venster gebreek en die sak gegryp.  Hulle ry toe weg, waai nogals beleef vir die car gaurd en daar trek hulle.

Die wag kom toe agter die venster is stukkend en skryf toe die kar se registrasie nommer neer.

Alles is by die polisie aangegee, maar ons weet dit is 'n onbegonne taak dat hulle ooit iets daaraan sal doen.

Gelukkig het Sarel Woensdag aand, nuwe "gadets" gekoop om sy Macbook vinniger te maak en het gevolglik 'n backup gemaak om die nuwe goodied te installer.  Donderdag is die goed toe gesteel.  Die data op die rekenaar is baie meer belangrik as die waarde van die rekenaar - so in effek was dit nie te groot skade nie, maar baie moeite om alles nou vervang te kry.

Ons vermoed die bliksems wat die goed gesteel het, het hom agtervolg van waar hulle gesien het dat hy die sak in die kar sit.

Nou-ja, toe moes ons nou rondskarrel om die venster vervang te kry.  Sarel vat toe my kar Vrydag om rond te ry want sy kar is mos nou minus 'n venster.  In die Oos Rand waar hy toe 'n nuwe venster moes gaan optel, parkeer iemand toe vas in my kar in.  3 jaar ry ek nou al die kar met GEEN skade en 'n maand voor ek die kar aan my ouers verkoop - kadoef ... haar eerste stamp.  Gelukkig nie vreeslike skade nie, maar weer-eens moeite!!!!!  Asof ons nou tyd het om sulke gemors te hanteer.

Nou ja, beide bogenoemde kan ook in Australia gebeur, so dit is seker onregverdig om dit op RSA te blammeer, maar toggie, die tydsberekening vir hierdie gemors voeg seker maar by vir ons frustrasies!!!!

Thursday, 8 November 2012

IELTS AKADEMIES

Ai julle, asof ek nie alreeds te veel hooi op die vurk het nie, het ek nog vandag 'n vinnige IELTS Akademiese toetsie ook ingepas.

Natuurlik moes ek en manlief al lankal ons IELTS taaltoeste gedoen het vir ons visa aansoek, so hierdie was nou heeltemal vrywillig (kan mens so stupid wees!!!)

Ek het baie jare gelede 'n graad in Maatskaplie Werk gedoen en het nou op nommer 99 gedink dit is 'n goeie ding om daardie graad geakkrediteer te kry in Australia. As deel van die aansoek moet ek die akademiese IELTS toets doen. Dit is waarom ek nou die ou toetsie hier in die laste stuiptrekkings voor ons trek na Australia gedoen het.

Ek dink dit het redelik OK gegaan, maar mens sal nooit weet totdat ek die uitslae kry nie.  As dit goed genoeg is om met julle te deel, sal ek julle oor 2 weke laat weet.  (wink-wink)

Verder ... vandag oor 2 maande vlieg ons Australie toe.  Ek het 'n baie oulike "timeline" tipe ding gemaak waar die kinders nou elke dag 'n vliegtuigie kan aanskuif om ons laaste dae in Suid Afrika af te tel.  As ek so tussen al die goed onthou sal ek 'n foto neem van die timeline en vir julle wys.

Daar is geen ander nuwe nuus nie ... ons sorteer nog steeds laaie, kaste en alles sover ons gaan en benut elke spaar oomblik om seker te maak ons weet wat ons doen en wat moet waar! Ons het ook nou begin ons "last minute" items te koop sodat dit reg is vir die container wat oor 'n maand kom!

Nou ja, dit was 'n baie besige dag en ek is totaal uitgeput.  Dit is nou tyd vir bed en ek dink ek verdien 'n behoorlike nagrus na vandag se toetskrywery!!!

Thursday, 1 November 2012

Ek het vandag bedank

Ek het vanoggend by bedanking ingehandig by die Maatskappy waar ek werk. Dit bring nogals emosies mee wat ek nie gedink het daar sal wees nie. Ek het nou 6 jaar vir my man se Maatskappy gewerk.

Toe ek my man ontmoet het in 2006, het hy my vertel dat hy sy eie besigheid net begin het (saam met 'n vennoot). Ek het op daardie stadium vir 'n lewensversekerings maatskappy in Johannesburg gewerk, maar toe ek later daardie jaar Pretoria toe trek, was die afstand na my werkplek net te ver en ek het bedank. Ek het vir 'n kort tydjie by Vodacom in Midrand "getemp" in hul HR afdeling. Toe my tydelike werkie klaar is, sit ek toe sonder werk.

Op daardie stadium het my man se maatskappy redelik begin groei en hulle het 'n admin persoon nodig gehad. Ek was natuurlik beskikbaar en het gelukkig die nodige ondervinding gehad. Ek moes net leer om Pastel (die accounting package) te gebruik en tjoef-tjaf, daar bestuur ek toe al die finansies, administrasie en HR van die maatskappy.

Daar was dae waar ek nie geweet het of ek kom of gaan nie en dan was daar dae wat stil was en siende dat die kantoor van ons huis af is, was dit natuurlik baie gerieflik.

Ek het meeste van die tyd kans gehad om my kinders by die skool te gaan haal en was betrokke by die middag huiswerk roetine. Dit was 'n ongelooflike voorreg om te kon werk en daar te wees vir die kinders.

Net voor ons die eerste keer Austalie toe is vir vakansie in 2010, het ons 'n assistent vir my in diens geneem om so bietjie van my werkslas te verlig. Siende dat ons 2 alleen in die kantoor is, het ons 'n hegte vriendskaps en werksverhouding gebou. Ek gaan dit voorwaar mis om elke dag 'n vriendin in die kantoor te hê :-(

Vandat ons besluit het om te emigreer het ek haar geleer om my deel van die werk te doen en ek kan dus nou met 'n geruste hart bedank, wetende dat sy my rol ook goed sal kan bestuur. Sy het 'n volwaardige Administrasie en Finansiele bestuurder geword.

Ons het intussen 'n kantoor in 'n kantoorblok in Centurion gekry, siende dat ons nou nie meer 'n "huiskantoor" kan doen nie. Ons trek binnekort daar in.

Nou-ja, die koël is deur die kerk en my bedanking is in. Natuurlik het die "base" daarvan geweet, hierdie was maar net 'n formaliteit. Dit mag dalk 'n bedanking wees maar nie 'n finale groet nie. My man sal nog steeds betrokke wees by die maatskappy, so ek sal altyd soortvan deel wees van die maatskappy.

Maar steeds, dit is die einde van 'n era. En die begin van die einde van ons hier in Suid Afrika!

Thursday, 25 October 2012

Min dae!




Genugtig Mense!!!! Ek weet nie meer of ek kom of gaan nie.

Dit gaan maar druk besig met al die voorbereidings!


Daar is sooo baie om te doen en so bietjie tyd.  Soos gewoonlik, is daar van die items wat lankal kon gedoen gewees het, maar nou ja, ek is bekend vir my procrastination!!!

Hier is 'n lys van alles wat ek die afgelope paar weke gedoen het:

  • Meubels bemark (Bid or buy) en verkoop
  • Sleepwa bemark en verkoop
  • Al ons belangrike dokumente gescan en geliaseer
  • Al ons gescande dokumente wat nie meer belangrik is nie verbrand (sien foto)
 Dit was net soveel makliker om 'n krat vol dokumente te verbrand as om 'n dag lank te sit en die shredder uit te brand!
  • Al ons kamp toerusting uitsorteer
  • Ons motorhuis (garage) uitsorteer en meeste van die oortollige goed aan my ouers en ons bediende gegee (2 bakkies vol hier weggery!) (Sien foto van die uitsorteer werk)
Gelukkig het bitter min van hierdie goed hul weg terug gevind in ons garage in!
  • Ek het al ons fotos wat nog nie digitaal was nie ingescan en uitsorteer (Dit is nou vir ingeval die container in die see val en dan het ek darem memories!!!)
  • Ek sorteer my seël versameling en probeer van dit op Bid or buy verkoop
  • Ek het van ons boeke uitsorteer en dit aan die biblioteek geskenk
  • Ek het die kinders se ou legkaarte en speletjies uitsorteer en dit wat nie meer ouderdoms gepas is nie aan 'n minderbevoorregte kleuterskool gegee.
  • Tydskrif resepte en resepte boeke uitsorteer!
  • Al my onnodige rekeninge soos klere rekeninge, krediet kaart ens is nou finaal toe en afgehandel.
  • Kombuis is uitgesorteer en afgehandel
  • Ek reel nog druk aan ons vaarwel partytjie wat ons vroeg in Desember gaan hou.
  • Ek het al my kruissteekwerk (nog 'n stokperdjie) uitsorteer en onnodige tydskrifte op Bid or Buy verkoop
Al bogenoemde is gedoen terwyl en nog 'n werk het, kinders moet help voorberei vir eksamen ens.

Ek is ook glad nie gesond nie. Ek sukkel vreeslik met my sinus en is al deur 2 kursusse antibiotika! 

So, dit gaan doller as dol in hierdie huishouding. Ek het laas week by die apteek ingehardloop en die beste multivitamien gekoop, want sonder dit sal ons nou nie eintlik ver kom nie!

Nou ja, dit is al vir nou.  Ek moet nou weer ry om die kids by die skool te gaan haal.

Groete

Monday, 8 October 2012

Kaatjies is bespreek!!!

Hoe wonderlik is dit nie, ons kaartjies is geboek en betaal!!!!

Ons het deur IOM bespreek, want dan kry ons dubbel die bagasie per persoon. Ons vlieg 2de week in die nuwe jaar!

NOU KOM DIE SPORTS!!!! 

Ons vlieg oor presies 3 maande.  Hulle kom oor presies 2 maande my huis in 'n container pak.

Oe, Oe, Oe ... my maag begin nou behoorlik DRAAI!  Ai die opgewonde en senuagtige emosies wat my nou so beetPAK ...

O, so van PAK gepraat .... laat ek verder my huis gaan uitsort .... nog so baie om te doen ... so min tyd.....

Klink dit of ek panic?

Sunday, 23 September 2012

Hectic!

Ek het vanoggend gou opgevang met so paar Facebook inskrywings en toe lees ek die volgende prentjie raak:

I found this picture on facebook and is uncertain about the copyright thing. I see the picture is orignally from shoeboxblog.com, so I trust that it is in order to "borrow" it for my blog as it is so appropriate!

In elk geval, die lewe hardloop met my (ons) weg en ek is ernstig besig om die blog te verwaarloos. Maar dit gaan hectic!  Ons is in die laaste maande voor ons trek en daar is so baie om te vertel en te doen.

Net gou opvang met alles wat aangaan:

Immigrasie Website
Ek het lankal aan 'n website met die naam www.SAAustralia.org aangesluit en so bietjie hier en daar gelees. Ek het so teen Mei hierdie jaar redelik ernstig betrokke geraak en het ongelooflik baie geleer en gedeel.

Indien jy nog daaraan dink om te wil emigreer na Australia, gaan kyk gerus op die site. Een van die einaardigste of snaakste, maar relevante vrae wat ek daar gelees het is "What is the going rate for a tooth by the toothfairy in Australia?" Nou ja, my kinders is nou amper klaar gewissel, maar ek moet dit nogtans weet, want daar is nog 'n paar melktandjies wat saamgaan Australia toe. So, nou weet ek ook wat die tandemuis in Oz vir tandjies sal gee. (Dit is glo tussen $2 en $5)

Daar is werklik baie hulp op die site, van watter agent mens moet gebruik, raad oor die trek companies, hoe mens moet pak, hoe die skole werk, waar jy wat moet registreer - alles.

Dit is so 'n goeie gemeenskap en die forum mense is almal daar om jou te ondersteun en by te staan met besluite.

Ek het wel al 'n stel of twee afgetrap met 'n paar mense op die forum wat dink hulle is belangriker as God, maar ek het tot 10 getel en hulle leer ignoreer. As jy van die forum wil gebruik maak, moenie dat die Forum boellies jou onder kry nie. Ignoreer hulle.

Vervoer maatskappy
Nou ja, ons is nou op die punt waar ons die vervoer maatskappy moet kies om die trek te doen. Ons het besluit op 'n 20 voet krat (container) wat so tussen R50k en R60k gaan wees. Op daardie groot bedrae is R3k of R4k nie 'n groot verskil nie, so ons gaan die maatskappy kies wat ons die meeste persoonlike aandag gaan gee - nie met die bemarking nie, maar met die oppak van die huis.

Ek wil baie graag in beheer wees met die trek en siende dat ons net-net in die 20ft gaan pas, moet elke spasie behoorlik benut word! Ek het algehoor van mense wat goed moes los omdat die trek ouens verkeerd gepak het en visa versa. As daar spasie oor is moet mens rondskarrel om nog in te pak.  So ek verkies om 'n maatskappy te kies wat goeie diens lewer en nie net die goedkoopste is nie!  Ek gaan die week een kies en sal laat weet wie ons mee gaan.

Datums
Ons vlieg datum is bepaal en ons gaan net na Kersfees (maar voor nuwejaar) Australië toe vlieg!  Dus is daar basies 3 maande oor om al my beplanning te doen. (Eintlik minder as 3 maande want hulle kom die krat pak aan die begin van Desember)

Ons gaan 'n Afskeids partytjie hou begin Desember, dan kom hulle die krat pak, daarna gaan ons vir 'n week Kaapstad toe (my kinders was nog nie daar nie) - so dit is ons laaste emmerlys item om te doen. Ons kom net voor Kersfees terug en daarna is ons op die vliegtuig - oppad na ons nuwe lewe

Probleem
Ons het egter 'n probleem opgetel, deurdat my man se eks vrou haar toestemming onttrek het vir my stiefdogter (13jr) om saam met ons te emigreer.
My man is besig om die saak uit te sorteer en ons bid baie hard dat my liewe stiefdogter nog saam met ons sal kan kom.
Dit gooi egter die planne so bietjie deurmekaar, maar ons is vol vertroue dat die regte besluit geneem gaan word.

Uitsorteer
Ek dink dit is op die stadium 'n vloekwoord in ons huis.  Al ons kaste en ornamente en speelgoed en alles word uitsorteer. Dit is emosioneel en verfrissend op dieselfde tyd.  Mens gaan maar deur emosies oor wat is nou belangrik en wat is werklik net onnodige opgaar. Herinneringe is ook deel van die proses, veral as mens deur die kaste gaan en onthou wie het wat vir jou gegee en watter herinnering is gekoppel aan elke item.  Geen item word dit gespaar nie, en terselfdertyd leer ek die kinders van wat werklik belangrik is en hoe om te bepaal wat werklik van waarde is.

Huis
Die huis is nog steeds nie verkoop nie.  Ons het afgekom met die prys, en daar is so bietjie meer belangstelling, maar nog steeds geen verdere offers nie.  Ek bly egter nog steeds positief!

Verdedig
Hoe nader ons aan die tyd kom dat ons gaan trek, hoe meer mense maak snedige opmerkings - soos ag daar is ook probleme en hoe kan julle jul ouers wil los en julle gaan sukkel om terug te kom ensovoorts.
Ek is so moeg om ons keuse te verdedig of te verduidelik, so ek probeer alles om so vinnig moontlik uit hierdie gesprekke te kom.
Werklik, hoekom moet mense ons altyd afbreek oor ons besluit.  Nou die dag het 'n totale vreemdeling my letterlik onder kruisverhoor geneem!  Nou sê ons maar so min moontlik aan almal en laat sien en kom klaar.
Ek het selfs familie wat tot nou toe geglo het ons is nie ernstig nie.  Iemand het my nou die dag gevra of ek weet dat ons eers die regte visa's moet kry. DUH!!! Dink hulle werklik ons is so dom om ons goed net in 'n container te laai en te hoop dat Australia ons goedgesind sal wees en die deur oop te maak.  Nee doffel! Ons weet wat ons doen!!!!

Emosies
Die emosies loop maar hoog.  Hoe nader mens aan die "datum" kom, hoe meer wil jy natuurlik geanker bly, maar nes jy dink jy maak dalk 'n fout, dan gebeur iets wees wat my/ons laat besef hoekom ons emigreer.  2 goed het onlangs gebeur wat my net daardie laaste oortuiging gegee het.

Vroeër die maand het ons hierdie SMS van die skool gekry:

 
 
Omtrent 300m van die skool is daar 'n Winkelsentrum met 'n taxi rank.  Die taxi ouens het nou weer kwaad geraak vir mekaar en het mekaar aangeval, met klippe gegooi en daar is glo ook skote geskied.  Hierdie is reg oorkant die plek waar ek die kinders moet optel in die middag na skool.  Hulle het 'n afkondiging by die skool gemaak dat die kids nie mag huis toe stap verby die sentrum nie en die kinders wat moes stap is by die skool gehou.  My kinders was verwilderd en vreesbevange om net van die skool se hek na my kar te stap.  Dit is mos nie normaal nie!!!???
 
Ek moet by voeg by bogenoemde - dit was nou die 2de keer dat hierdie taxi demostrasies ons direk geaffekteer het. Die ander keer was omtrent 'n jaar terug en ons wou pos uit gaan haal (die poskantoor is langs die taxi rank) en toe ons uit die kar klim is daar net skote.  Ons het vinnig terug geklim en weggejaag!


Die ander gebeurtenis wat my oortuig het dat ons die regte ding doen was dat ek gesien het hoe my "alma mater" verander het.  Ek het van 1992 tot 1995 by RAU in Johannesburg voltyds geswot en van 1997 tot 1998 deeltyds my honneurs graad deur hulle gedoen. Ek het my studente jare vreeslik geniet en was selfs vir 'n jaar op die huiskomitee gedien.  Dit was belangrike, vormende jare en ek wil graag hê dat as my kinders besluit om te gaan studeer, dat hulle ook sorglose studente en vormings jare kan beleef!

Ek het laas week 'n dag gevat om my grade in Engels vertaal te gaan kry en om die jaarboeke deur te gaan om my kwalifikasies in Australie geakkrediteer te kry.  Maar wat 'n skok!!!!!! Van die mense wat daar werk het en die manier hoe hulle my van bakboord na stuurboord gestuur het, het my laat dink aan ons staats organisasies.  Die ding is, as jy na die Dept van Binnelandse sake gaan, verwag jy amper swak diens is voorbereid daarmee, maar nie by 'n internationale instansies soos 'n "chappie" kou, kla in 'n ander taal en daarna 'n "OKE, let me seeee"  Ag nee.  Ek is so teleurgesteld in die agteruitgang van die universiteit!  Toe ek daar uitloop het ek gesit en huil in my kar. Die ander mense om my het seker gedink ek is mal, maar ek weet waarom ek gehuil het.  Dit was die laaste strooi ... my kinders gaan nooit 'n tersiere ervaring kan kry soos ek gehad het nie. Nie in SA in elk geval nie. Dit is jammer om te sien hoe my verlede maar net verder verdwyn.

Ek is nou 100% verseker en niemand gaan my anders kan vertel nie.  Ons doen die regte ding!

Ander voorbereidings
As deel van die voorbereidings om seker te maak alles is reg vir ons groot trek, het ek ook so maand gelede al my klere rekeninge, bank rekeninge en kredietkaart rekeninge gaan toemaak.  Dit was ook 'n hele dag ervaring.  Ek was ook van bakboord na stuuboord gestuur, maar gelukkig het ek nou niks rekeninge om oor bekommerd te wees nie!  Ek het dit vroegtydig gedoen, sodat as daar probleme is, ek nie noodwendig van Australia af moet probeer my rekeninge toe kry nie.  Gelukkig het alles goed verloop en ek glo nie ek sal probleme hê nie.

Volgende naweek pak ons die garage aan.  Dit gaan nogals pret wees (Sarkasties!!!)

Lekker bly tot die volgende blog!

Thursday, 2 August 2012

Nationale Trots???

Suid Afrikaners het werklik baie om op trots te wees!

Ek lees nou op Facebook van vriende wat Suid Afrika se Olimpiese goue medalië wenners prys en daarna noem dat dit ons trots maak om ‘n Suid Afrikaner te wees.  Net voor die Olimpiese spele was dit Oud president Nelson Mandela se 94ste verjaarsdag en die nasie het saamgestaan om 67 minute se goeie dade te doen. Die wereld het saam met Suid Afrika gevier! Die naweek na sy verjaarsdag het Ernie Els die Britse Ope in Golf gewen. Die Proteas doen ook goed in Engeland.
Dit voel goed as jou land goed doen wat jou trots maak, maar ….
Is sulke nasie trots genoeg om my in Suid Afrika te hou?

Ek lees gereeld die kommentaar wat mense lewer op internet blaaie soos Facebook, News24, Beeld, Huisgenoot, Carte Blanche, ens.  As iets sleg of skandalig met die land gebeur, dan wil mense emigreer, hulle kritiseer die regering en wil koppe sien rol. Byvoorbeeld die toilet skandaal van ‘n paar jaar terug en nou weer die skool handbook skandaal in Limpopo.
Die oomblik as iets goeds gebeur, soos ons 2 goue medaliës (sover!), dan is die regering besig om alles reg te doen en die wat die land wil verlaat moet hul “koppe laat lees”, want kyk hoe goed doen die land.  Voorwaar prestasies wat ons as ‘n nasie weer bymekaar bring, nes die ’95 Rugby Wêreldbeker en die 2010 Sokker Wêreldbeker! 

Nou, terwyl die land weer op ‘n “high” is, vertel mense my ons is stupid, onpatrioties en belaglik om te wil emigreer!  Ek moet nou weer hoor dat ek nie nasie trots het nie. Ek moet hoor dat Suid Afrika doen goed, waarom wil ek die land verlaat???
Kom ek vertel jou …. Ek kry hoendervleis as ek ons volkslied hoor tydens die Olimiese spele.  Ek kry trane in my oë om ons mooi vlag trots te sien wapper.  As gesin sit ons vasgenael voor die TV en kyk elke moontlike sport om SA te sien presteer. Ons skree ons longe uit dat hulle moet goed doen.  Met Madiba se verjaarsdag het ons meer as ons 67 minute van weldoen dade gedoen.  Ons is trots op Ernie Els en saam met die land bly oor sy prestasie. Ons is bly die Protea krieketspan doen goed en ons is saam hartseer dat Boucher seergekry het en nou moes uittree!

Maar…. Die feit dat ons nasie trots het, gaan nie vir my kinders verseker dat hulle eendag ‘n goeie werk gaan hê nie. Nasie trots verseker nie ons toekoms en veiligheid nie.  Nasietrots maak nie dat mense beter bestuur nie en minder ongeduldig op die pad is nie.  Dit maak nie dat die politiekuste minder korrupsie pleeg nie.  Dit verbeter nie die toestande in ons skole nie.  En dit gaan beslis nie versker dat my kinders eendag ‘n kans staan om ook Olimpiese spele toe te gaan nie, want “kwotas” speel mos so groot rol.
Die trots wat ek op SA het vir wat hulle bereik word uitgewoes deur bekende straatname te verander soos Pretoria se Kerkstraat, Charles Straat en Proes straat.  Om my kinders se toekoms op te dons met ‘n kurrikulum in die skole waar hulle amper niks leer nie!  Wetteloosheid, korrupsie en onregverdigheid vermorsel die nasietrots wat ek graag wil ervaar.

Liewe vriende en familie lede wat my vertel ons is onpatrioties om ons land te verlaat … vertel my asb, behalwe vir die paar bereikinge wat ons as ‘n nasie so af en toe bereik, wat is oor vir my om patrioties oor te voel?  My geskiedenis mag nie deel wees van die land nie en my kinders se toekoms is wankelrig in hierdie land.  Ek sal altyd lief wees vir Suid-Afrika, maar daardie liefde is beperk tot my herinneringe van 'n land wat eers was ....

Tuesday, 12 June 2012

Frustrasies!

Dit is nou al 'n maand later en ons weet nog nie of ons huis werklik verkoop is nie.  Wat 'n frustrasie?!!!

Sien, die mense wat die offer op die huis gesit het, het glo finansiering deur hul werkgewer gekry (of so het ons verstaan). Dus dié dat dit 'n kontant offer is.  Maar nou het hulle vir langer tyd gevra om die waarborge te wys.

Iemand van die maatskappy was selfs hier om te kom kyk of dit die koop werd was en het genoem dat hy tevrede was dat die huis sy prys werd is. 

Nou hoor ons niks van die agent nie. Ons bel hom maar hy antwoord nie ons oproepe nie. Hy beantwoord ook nie ons boodkappe wat ons los nie.  Verder, antwoord hy nie ons e-mails nie.

Dit raak nou belaglik!  Ons gaan vandag sy baas kontak en antwoorde "demand".

Ek gee nie om of die kopers wil deurgaan met die koop of nie ... ek wil net weet waar ek staan!

Waarom kan niks meer eenvoudig verloop nie.

So 'n rukkie terug het ons gedink om die huis te verhuur en dit so adverteer en aan die agente genoem. Een van die agente met wie ons nou al 'n pad stap, bring toe 'n paartjie hier aan wat die huis vir 3 jaar wil huur.  Volgens die agent het hulle 'n krediet rekord navraag gedoen en alles was reg.  Iets het toe gebeur wat my 6de sintuig in oorstuur gebring het en ek kyk toe sommer op Google of ek die sogenaamde huurders in die hande kan kry om te kan verstaan wat aangaan ..... EN RAAI WAT?

Die paartjie (nogals 'n mediese dokter en sy vrou) is oral op die internet vir hul vermoedelike bedrog.  Miljoene rande is ter sprake. Hoe kon die krediet navraag dit nie optel nie? Ek kan mos nie my huis in sulke mense se hande los nie?

Ek laat die agent toe onmiddelik weet dat die huis nie meer beskikbaar is nie en gee toe my redes.  Die huurders kry toe my nommer in die hande en smeek om die huis te huur.  Ek sê toe vir hulle ek is jammer maar ek gaan nie so kans vat nie.

Eers die huur storie en nou die koop storie .... AI TOG!

Nou ja, dit voel of ek "back to square one" is. 

Sal maar voortgaan om die huis te bemark ....

Ek het ook nou-net hierdie foto op facebook gesien.  Ek weet werklik nie waar dit vandaan kom nie, maar ek dink dit is werklik baie mooi en toepaslik

Tuesday, 8 May 2012

NUUS, NUUS, NUUS

Man julle, ek weet ek moet eers vertel van ons Sydney vakansie, maar ek gaan nie nou nie.  Daar is veel belangriker nuus wat ek moet deel.

Soos julle weet is ek al redelik moedeloos gewag vir die huis om te verkoop sodat ons die OZ trek planne kan begin maak.  En net soos 'n groot maagpyn ... woerts .. toe verkoop ons huis die naweek!!! 

KAN JULLE DIT GLO!!!

Ek het nie nodig om meer te worry of daar genoeg seep gaan wees en of ek 'n special moet koop of nie. Ons het nou finaliteit en ons trek datum bepaal. Ek weet nou wanneer die afsnypunt is!

DAAR IS LIG AAN DIE EINDE VAN DIE TONNEL!!!!

Saterdag ... die 5de Mei, het agente 'n paartjie na ons huis gebring om te kom kyk.  Later daardie middag bel die agent my en sê hulle wil die volgende dag 'n offer bring.  Sondag, teen 10:00 sit die twee agente hier en gee 'n pragtige offer.  Minder as wat ons oorspronklik wou gehad het, maar genoeg om ons kostes te dek.

Ons moet einde Junie uit die huis wees.  Dan sal ons vir 6 maande in die omgewing huis huur.  Soos dit nou lyk, trek ons einde Desember of vroeg Januarie Australië toe!

Dit is 'n amaizing gevoel.  So onwerklik!

Nou is daar natuurlik 'n paar takies wat wag.  Ons moet huurhuis soek.  Ek gaan seriously die huis en kaste uitsorteer sodat ons nou met so min moontlik kan trek en dan sal ons teen ons immigrasie tyd nog minder hê.  My bediende (my getroue ou Margaret) sê hoeka vir my dat dit ons 4de trek saam gaan wees in die 5 jaar wat sy vir my werk. 

Dan is daar 'n paar praktiese goedjies wat ons moet reel soos om SABC liksêns te kanseller.  Nou moet ek julle dit sê.  Toe my eerste man, Jan, in 2005 oorlede is, het dit my tot 2009 geneem om daardie inteligente mensies by SABC te oortuig dat 'n dooie persoon nie 'n liksêns kan betaal nie.  Ek dink hulle verstaan dit nou nog nie, maar het moed opgegee om met my te stry.  Hulle het na amper 4 jaar se argumente die rekening gekanselleer ... so nou vra ek julle... hoe lank gaan dit vat dat hulle gaan besef dat ons nie meer in die land TV kyk of radio luister nie en dat ons rekening maar kan kanselleer?

Die TV Liksêns lê soos 'n berg voor my.

Ek wil ook graag 'n ordentlike afskeids partytjie vir ons reël.  Ek gaan probeer om dit te kombineer met my 39ste verjaarsdag in Desember. So 'n pre-forty birthday bash?

Nou ja, laat ek my aan die gang kry en die kaste begin sorteer.  Daar is baie wat wag. 

Sodra ek 'n kansie kry, belowe ek om 'n paar fotos' van ons Sydney vakansie op te sit. In kort .. dit was 'n baie lekker en suksesvolle vakansie!

Tot later ...


Sunday, 1 April 2012

Sydney, hier kom ons - alweer!

Ons vlieg later vandag vir 'n kort vakansie na Sydney! Ek is so opgewonde!

Ons vat hierdie keer al 4 die kinders saam.  Hulle moet hul entry stamp kry voor Mei en hierdie kort April skool vakansie is basies die enigste tyd wat ons dit kan doen.

Soos vroëer genoem, is ons op dieselfde vlug as 'n vriendin van my wat na Perth immigreer.  Dit is vir my baie spesiaal om hierdie geleentheid saam met hulle te beleef.  Ons vlieg via Perth na Sydney en het 'n 10 ure stopover op Perth.  As alles volgens plann verloop, sal ons 'n bietjie in Kings Park gaan stap en dalk na 'n strand gaan.  Ons het ongelukkig nie baie tyd om baie daar te doen nie, maar ons probeer nou die beste van 'n "moeilike saak" te maak.

In Sydney het ek vir ons 'n behoorlike besige skedule uitgewerk.  Ons gaan vir die kinders 'n paar huise wys, sodat hulle 'n idee het oor hoe die huise daar lyk.  Ons het 'n kort skool toer gereel vir Megan om te sien na watter skool sy sal gaan.  Ons gaan ook 'n dag by die Powerhouse Meuseum spandeer en na Harry Potter se uitstalling kyk (hierdie is die oorspronklike items wat hulle in die flieks gebruik het!).  As die weer goed is, dan doen ons die Bondi - Coogee Walk.  Verder sal ons die gewone Sydney Opra House, Sydney Harbour Bridge, the Rocks en Darling Harbour erens inpas.

Dit is my jongste se verjaarsdag Saterdag die 7de so ons beplan 'n lekker verassing vir haar -  afhangend van die weer.  Ek sal julle alles later daarvan vertel.  Dit is ook ons Sydney familie se dogtertjie se verjaarsdag die 8ste, so ons sal ook lekker tyd saam met hulle spandeer die haar verjaarsdag.

Nou ja, ons is net 7 aande in Sydney en daar is vriende by wie ons wil kuier, baie om te sien, baie om te doen en ons tyd is min.  Ons sal maar moet kom rus as ons terug is!

Ek sal julle op hoogte hou van ons vakansie en 'n paar fototjies opsit sodra ek tyd het.

Lekker bly!

Monday, 19 March 2012

Mense se reaksies

Ek het hierdie blog laas jaar al begin skryf en dit in die argiewe gebêre.  Ek was nie seker of dit die regte ding is om hier te publiseer nie, maar na 'n paar insidente het ek besluit ... ek gaan vertel. Mense moet weet hoe ek voel...
Vandat ons dit bekend gemaak het dat ons na Australia emigreer, het ons al vele reaksies van mense gehoor.  Meeste reaksies is positief soos:

- As ons die geld gehad het, sou ons dit ook gedoen het
- Julle het meer "guts" as ons, maar ons wens julle sterkte toe.
- Ek kan nie nou my ouers / kinders los nie.  Ons lewe is te ingewikkeld.
- Julle doen die regte ding.
- Dit is jammer, maar ons verstaan.
- Vertel my hoe om die proses te begin. Ons wil ook emmigreer.

Daar is vele redes waarom mense nie wil emmigreer nie. Daar is die wat dit ook al oorweeg het, maar as gevolg van omstandighede dit nie sal kan of wil doen nie. Ek het respek vir elke persoon se eie keuse en is onder geen indruk dat omdat ek emmigreer, moet almal dieselfde dink as ek nie.
 
Ons is verskillende mense met verskillende geskiedenisses, omstandighede, emosies en afhanklikhede.
 
Ek waardeer egter eerder eerlikheid as 'n agteraf geblaf van jaloerse, onkundige en beterweterige mense. Dit maak seer en maak soms ons hele proses moeiliker omdat mense lelike goed agter ons rug sê of bespreek.

Verder probeer sommige ons oortuig dat ons redes vir emigrasie stupid en ongegrond is. Sommige van die redes en verskonings (om in SA te bly of om nie te emigreer nie) wat mense in gesprekke met ons aanvoer is werklik ... ek wil amper die woorde naïef of onkundig gebruik.  Dit is asof hulle ons uitlok vir 'n argument.  Sommige stellings is werklik net nie goed deurdink nie en ander is sommer net uit jaloesie.  In meeste gevalle bly ek maar stil en vat die mondelikse "punches" - ter wille van vrede.  Ek wil werklik nie in 'n argument betrokke raak nie. Hierdie is soos om oor politiek of godsdiens te arguneteer. Niemand gaan ooit wen nie, maar almal staan die kans om vriendskap te verloor.
Soos ek sê, ek is OK met elkeen se opinie, maar moenie jou opinie op my afdwing of my vertel jou opinie is beter as myne nie.  Moet ook nie agteraf skinder en dat ek deur ander hoor wat jy sê nie. Dit is lafaard gedrag!  Ek moes ook al agteraf hoor dat ek 'n verraaier is, dat ek te negatief oor die lewe is en dat ons dit nog gaan berou!

Hier is 'n paar argumente wat ek die laaste paar maande gehoor het (my opinie hieroor in Italics - ek hoor die korrekte Afrikaans hiervoor is Kursivering) :

Julle trek seker nie oor die misdaad nie? Mense word oral vermoor of mens kan nie wegtrek van misdaad nie.
Hiermee stem ek saam, daar is misdaad ooral.  Die verskil is net dat die statistiek daarop dui dat ek 'n kleiner kans het om in Australia deur misdaad geraak gaan word.  Ek is seker ons huis kan daar ook beroof word of ek / my gesin kan daar ook betrokke wees in 'n skietvoorval.  Maar die kanse is soveel kleiner. Toe ons in Australia was (beide kere) slaap mens net soveel rustiger.  Mens parkeer jou motor op vreemde plekke en raai wat - jy is 99.9% verseker jou kar gaan daar wees as jy terug kom.  Mens loop sonder vrees in die strate en kinders speel op skool terreine wat nie eens omhein is nie. 
Ja, daar is misdaad oral, maar die graad en impak is werklik anders - veral in Australie.

Daar is ook ongelukke en padsterftes in ander lande.
Weer-eens, JA.  Daar is ongelukke en padsterftes, maar daar gaan in 'n jaar minder mense op die Astraliese paaie dood as wat daar in een vakansie hier in SA doodgaan.  Die mense in Australia het 'n ongelooflike respek vir die pad, padreels, gereg en ander gebruikers. Dit is voorwaar iets om te aanskou om te sien hoe mense almal dieselfde reels op die paaie nakom.  Jy kan nie glo hoe mense werklik by Zebra kruisings stop nie.  Voetganers stap net eenvoudig oor die pad - wetende dat die motoriste vir hulle gaan stop. Hier in SA het 'n ander ou amper in my vas gery toe ek by 'n Zebra kruising vir die voetgangers stop.  Hulle het nog nooit so iets gesien nie! Padreels word nie in Australia gevolg omdat daar 'n spietkop of bortjie is wat dit sê nie, maar omdat almal weet die wet sê die spoedgrens verminder in reen toestande en jy moet by 'n voetganger oorgang stop.  Ek of my gesin kan daar ook verongeluk, dit is 'n realiteit, maar weer-eens, ons kanse is soveel minder.  En die elke dag se "verkeer-stres" is soveel minder!

Kyk maar net na TV programme soos The Force, Border Security, Missing People etc.  Daardie programme wys dat daar maar ernstige probleme is.
Ek kyk gereeld na al daardie Australiese programme en geniet elke oomblik daarvan.  Dit beeld uit wat fout gaan en hoe die polisie dit hanteer.  Hulle doen hierdie programme om aan die wereld te wys hoe suksesvol hulle in Australie is.  Hierdie programme wys hoe effektief die polisie is en om mense op te voed in die wyse van doen. Op youtube moet ons sien hoe Suid-Afrikaanse polisie mense doodskiet, mishandel en die skare nie kan hanteer nie. 
 
Die tuine en kwaliteit van huise is baie swak
Wel, ek weet nie waar die persoon gekyk het nie, maar waar ek gekyk het, was die tuine netjies en die huise baie mooi.  Mooier as wat ek dink die gemiddelde Suid Afrikaner hul huis sal hou as hul nie al hul huishulpe het nie (Huishulp en tuinhulp).  Onthou, Aussies doen alles self.  Daar is nie goedkoop of geredelike arbeid nie. Gee hul krediet vir wat hulle bereik sonder om huishulp te hê.  Al die areas en huise waarin ek was (ons was by baie open houses en vriende), is netjies en goed versorg.

Ek kan nie in 'n land bly waar hulle so snaaks praat nie.  Die Australiers het 'n baie snaakse aksent.
Eerstens, onthou... jy praat vir hulle ook snaaks.  Jy het ook 'n aksent.  Ongelukkig moet ek sê, die Australiese aksent staan my nou ook nie eintlik aan nie, maar ons woon in 'n land waar daar in 11 verskillende tale gepraat word - wat jy heel moontlik nie eens verstaan wat gesê word nie.  Ten minste is die Australiers Engels en van wat ek gehoor het, mens raak gou gewoond aan die aksent.  Een van die dae sal ek ook "mate, see ya lade" sê. 

Die Australiers is maar 'n ongeskikte nasie. Hulle is nie vriendelik nie
In teen deel.  Hulle is van die vriendelikste mense wat ek ontmoet het (met my beperkte internationale ervaring). Dat hulle ongeskik is, is 'n SuidAfrikaanse persepsie wat totaal ongegrond is. Ons het ongelooflik lekker met die Australiers oor die weg gekom en as hulle hoor jy het 'n aksent (meese weet onmiddelik jy kom van SA af) dan begin hulle eers lekker gesels.  Hulle is 'n opregte nasie en almal gee om vir mekaar.  (Daar is natuurlik altyd die "weirdos" - maar hulle is soos in alle ander plekke maar in die minderheid). Dis die tipe mense wat vir jou koeldrank en koekies aandra as hulle sien jy trek in en vir jou hoendersop bring as jy siek in die bed is.  Die bure ken mekaar en kom in meeste gevalle goed oor die weg. 

Ek het nie nodig om land te verlaat nie want my lewe het nie veel verander in die nuwe SA nie
Ek is baie bly vir die persoon dat hy so voel.  Ek weet net nie in watter deel van SA hy/sy woon nie.  Ek dink in hierdie persoon se geval is dit soos die paddatjie wat in 'n pot water op die stoof swem.  Hy besef nie die water word geleidelik warmer nie en teen die tyd dat hy dit besef - dan is dit te laat. 
Ek ken baie sulke mense wat elke dag kla oor die nuus, die politiek, die skoolstelse, die misdaadsyfer, die werkloosheid, wetteloosheid en wat nog alles, maar moet net nie noem dat Suid Afrika verander het nie - dan is die spreekwoordelike hel los.  Ek voel jammer vir die mense want hulle gaan eendag wakker word en besef dit is te laat om iets daaraan te doen.  Aanvaar eerder die veranderinge en werk daarmee saam (of veg dit) as om dit te ignoreer.

Ek kyk nie nuus nie, so die gebeure in Suid Afrika affekteer my nie
Ek weet nie eens hoe om hierdie een mooi en subtiel te antwoord nie.  Al wat ek kan sê is as jy daardie tipe volstruis houding wil hê, gaan jy vinnig agterkom hoe iemand jou op die gat gaan skop terwyl jou kop in die ander gat is! Jy gaan nie eens weet wat kom todat dit jou tref nie!  As jy in Suid Afrika wil bly, wees ten minste bewus van wat om jou aangaan, sodat jy voorbereid kan wees of kan baklei vir die regte redes.
Ek het genoeg geld om my kinders in 'n privaat skool te sit, so die huidige skoolstelsel beïnvloed ons nie
Ek is baie bly die persoon is in 'n bevoorregte posisie om sy/haar kinders in 'n privaat skool te sit en ek wens ek kon dit ook doen. Dit sou beslis veral my ADHD dogter baie gehelp het.  Ongelukkig het ek nie die tipe geld nie en moet tevrede wees met ons huidige skool stelsel.  Alhoewel ek moeg daarvoor is dat my kinders die staat se "guinea pigs" is totdat hulle 'n skoolstelsel kan kry waar almal goed kan doen.  In elk geval, om jou kind in 'n privaat skool te sit is 'n oplossing om die staat se skoolstelsel te vermy, maar wat gebeur na die skool.  Ongelukkig gaan almal (privaat en staat onderrig) na dieselfde Universiteite en ander tersiere inrigtings en daar word daar nie gevra of jy privaat of staat is nie. Die kwaliteit van ons universitetie het verminder en sekere kwalifikasies word nie eens meer oorsee aanvaar nie. Dieselfde oor werk. As jou kind na skool gaan werk, is die kanse skraal om werk te kry - of jy nou privaat of staat is.  As jy in SA bly en jy het geld om jou kind in 'n privaat skool te sit is ek baie bly vir die persoon.  Ek vrees net wat gaan met die kinders gebeur as hulle klaar is met skool.

Ek sal nie sonder my huishulp en tuinhulp oor die weg kan kom nie.
Ai tog.  Ons Suid Afrikaners is so bederf.  Ek weet daar is ander wêreld dele wat ook geredelik en goedkoop arbeid het, maar meeste eerste wereld dele het dit nie.  Kan ons nie maar nou wakker skrik en besef hoe ons bederf is nie?  Toe ons in 2010 in Australia gaan vakansie hou het en nog voor ons besluit het om te emigreer, het ek besef hoe bederf ons kinders is. Daar het ek agter gekom hoe ons kinders nie werklik kan "huishou" nie. By die huis loop die bediendes agter ons aan en sit glase op die regte plek, tel skoene op en was ons skottelgoed.  Na ons vakansie in 2010, het ek ons kinders "gedril" en my kinders kan nou 100% sonder 'n bediende oor die weg kom.  Dink net gou hieroor ... indien jy nie gaan immigreer nie, is die kanse baie groot dat jou kinders dit gaan doen of dat hulle vir 'n paar jaar oorsee gaan werk of studeer.  Gee jou kinders daardie "huislike" onderrig wat ons nou aan ons bediendes oorlaat.  Hulle gaan baie dankbaar wees dat jy hulle die regte "gereedskap" gegee het.

Klere is so duur - mense kom koop dan as hulle hier  in Suid Afrika is.
Australië is duur.  Ek stem saam, of jy nou in Rande of in dollars daar gaan koop, dit is duur.  Maar dit is nie onbekostigbaar nie.  Almal wat ek ken uit Australie, kom met leë tasse om in SA te kom kuier en klere te kom koop.  Dit is NIE omdat hulle dit nie daar kan bekostig nie, maar as jy SA toe kom, hoekom nie ook sommer 'n paar goedkoop goedjies optel nie. Almal doen dit as hulle Indië, Ooste of ander goedkoop lande toe gaan?!

Daar is nie baie Kerke nie.  Dit is nie 'n Christelike nasie nie
Duidelik was jy nog nie in Australië nie. Kerk en Christelike lewe is groot! Hulle is 'n land met baie waardes.  Christenskap word nie afgedwing nie, maar dit word ook nie geïgnoreer nie.

Jy verraai jou Afrikaanse agtergrond. Wat van die geskiedenis van die Afrikaner?
Verskoon my, maar van wanneer af is die Afrikaner se geskiedenis nog belangrik in hierdie land.  Dit mag dalk vir my en vir jou wees, maar die kinders leer nie eens meer waaroor die groot trek gegaan het nie. Hulle weet nie dat ons voorvaders vir eeue lank geveg het en bloed gesweet het vir hul regmatige plekkie hier in die Suiderlike Afrika nie. Al wat hulle leer is hoe belangrik Nelson Mandela is as vryheidvegter.  Wat van Piet Retief, Andries Pretorius en al die ander?  Moenie my kom vertel oor geskiedenis nie, want in hierdie nuwe SA is daar nie plek vir die Afrikaner se geskiedenis nie. As ek en my Afrikaner bloed nie meer belangrik is vir hierdie land nie, dan gaan soek ek maar 'n plekke waar ek nog belangrik is vir iemand anders.

Ek sal nooit dieselfde geld daar kan verdien as hier nie. Vriende/familie kom terug omdat hulle hier meer kan verdien.
Ja, dit is waar.  In verhouding is jou inkomste dalk minder in Australië, maar jou uitgawes is ook baie minder.  Mens kry ook net soveel meer vir jou belasting geld.   Die ander voordeel is dat jy in eerste wêrele geldeenhede verdien. Mens wen ook met die kwaliteit van lewe wat mens het.  Daar is 'n prys gekoppel aan hierdie finansiele vryheid, sekuriteit en sorgelose lewe.

Die kinders in Australië het geen dissipline nie.
Ek het dit nou nog nie persoonlik gesien nie, maar ek het al daarvan gehoor.  Die probleem is dat dit nie net in Australië gebeur nie. Dit gebeur oral ... Ook in Suid Afrika.  Die mense hier in SA is net nie so blootgestel daaraan as in ander lande nie. Sien, in Australië sien mens kinders oral. In die parke, strate, winkel, busse, treine, ORAL.  Hier in SA is die kinders meer geneig om nie in die openbaar te leef nie.  Dus, die blootstelling is minder en dus besef SA nie hoe hul jeug ook ongedisiplineerd is nie. Vra maar net 'n onder wyser hoe ditverander het.

Ag, daar is nog vele "argument stellings" wat mense in ons rigting gooi, maar ek dink ons het so bietjie dikvellig geword daaroor.  Ons doen wat ons doen en die ander moet ons nou maar uitlos!

Een van my familie lede wat redelik teen ons emigrasie gekant was, het onlangs 'n negatiewe ervaring gehad en aan my genoem dat hy dink ons doen die regte ding. Ek het amper van my stoel af geval toe hy dit noem. Sulke positiewe reaksies maak my gelukkig voel.  Ek voel nie meer so verwerp nie.

Die interessanteste reaksies is van daardie mense wat ook baie graag 'skelmpies' wil emmigreer.  Hulle vra my uit en vra ons oor elke stap van die proses ... dan sê hulle: "ons wonder maar net oor die proses" ... maar 'n paar weke later, kry ek die oproep of email "Wat is naam en besonderhede van die immigrasie agent wat julle gebruik het?"  Dan gee ek die besonderhede en glimlag ....

Monday, 12 March 2012

Opvang Blog - Maart 2012

Hallo Blog maatjies

Ek het meer as ‘n maand laas geblog!  Kan julle glo?
Dit was geensins aspris nie.  Daar het net soveel gebeur die afgelope paar weke. As ek ‘n paar minute vir myself het, dan begin ek ‘n blog entry, maar voor ek my kom kry, dan is dit ‘n dag of wat later en die nuus het weer verander of daar het te veel gebeur om tred te hou in ‘n blog.  Dit is nou maar net ‘n paar daggies in Maart, maar laat ek julle dit sê…. Dit voel of ek al ‘n jaar beleef het van die begin van die jaar af!

Laat ek eers gou opvang met die afgelope maand of wat se gebeure.  Ek was werklik baie besig en julle sal my moet verksoon, maar die blog het ongelukkig 2de plek gevat met al die doenighede.  Hiermee alles wag gebeur het:

Trek datum:
Begin van die jaar het ek en manlief besluit om die April skool vakansie te gebruik om sommer ons finale trek te doen Sydney toe.  Dit het natuurlik ekstra stres op ons geplaas siende dat ons ‘n paar miljoen goedjies het om af te handel.  Trek kwotasies, huis verkoop of uithuur reelings… en nog vele ander goed.

Terwyl ons so regmaak om te trek in April, word ons spoed van 220km/h na stiltand geruk.  ‘n Paar goedjies het gebeur wat maak dat ons nie nou onmiddelik kan trek nie! Ons gaan nou eers teen die einde van die jaar kan trek.  Ek is bietjie emosioneel daaroor en sou vekies om eerder April te trek, maar ek verstaan omstandighede en moet daarby berus.  Dit is dalk ‘n bedekte seen, want dit gee ons meer tyd om sekere goed af te handel.  Daar is nog ‘n paar goedjies op ons “bucket list” wat ten minste nou gedoen kan word.
As alles nou goed gaan, sal ons teen Desember kan trek. 

Kinders en skool
Ons het laas jaar ‘n au pair gehad wat vreeslik lekker uitgewerk het.  Die kinders het nogal ‘n paar dinge na skool aan die gang en dit het geweldig gehelp.  Die Au Pair kan nie meer die jaar werk nie en gevolglik het het ek en manlief in ‘n vurk in die pad gekom. Wat nou?  Ek is nie mal oor die Aftercare ding nie en hou daarvan dat die kinders by die huis is en persoonlike aandag kry.    

Die groot probleem is dat een van die dogters het ADHD.  Dus vereis dit vreeslik baie betrokkenheid by haar huiswerk, toetse en projekte. 
Wel, siende dat my werk in elk geval al hoe minder word en dat baie van my take aan my kollega oorhandig is ter voorbereiding vir ons immigrasie, het my man en sy kollega my toegelaat om net ‘n skere hoeveelheid ure per week te werk.  Dit werk basies uit op 4 oggende ‘n week.  Dit werk perfek vir my want ek kry my “intellektuele” stimulasie van my werk en het nog steeds genoeg tyd in die middag vir my kinders se aktiwiteite, skoolwerk, ens.

Die meisies doen al 3 perdry. Ek moet nou 2 keer ‘n week so 25 km ry om hulle by die perdry te kry.  Verder doen hulle al 3 ook klavier lesse.  Tussen die perdry, klavier oefen, perdspring kompetisies, huiswerk, toetse en bietjie ontspanning, kom ons darem reg in die middae.  Ek het nooit geweet om ‘n ‘voltydse’ mamma te wees is sulke harde werk nie!  Ek geniet elke oomblik van kwaliteit tyd met die kinders.  Ek sal hierdie tyd wat ek met die kinders spandeer vir niks verruil nie – nie eens om tyd te maak vir my blog nie!! J
Familie fees
Ek het ‘n baie groot familie aan my pa se kant.  Ons probeer om redelik gereeld ‘n familie fees te hou, waar soveel as moontlik van die familie bymekaar kom om ‘n naweek te kuier.  Ek het so 2 jaar terug aangebied om die volgende een te reel en dit het toe in Februarie gebeur.  Dit was harde werk om alles te reel, maar het gelukkig goed afgeloop.  Dit was ook baie lekker om van die familie weer te sien. Dit sal seker die laaste keer in ‘n lang tyd wees dat  ek van die familie sal sien, so ek is baie bly ek het die geleentheid gehad, al het dit baie van my tyd in beslag geneem.

Vakansie in Sydney
Met die dat ons nou nie meer in April kan immigreer nie, het ek en Sarel ‘n bietjie van ‘n dillemma beleef.  Sien, ons moet voor middle Mei ons “entry” doen vir ons Permanente Verblyfreg om “geaktiveer” te word. 

Ek en Sarel het mos laas jaar Oktober vir 2 weke Sydney toe gegaan en gaan huise, woonbuurte ens gaan uitkyk.  Dus, is ons OK om Desember te trek.  Maar die probleem is dat die 4 kinders nog hul ‘entry stamp' moet kry. 
Gevolglik het ons nou maar besluit om die baie geld uit te haal en vir ‘n week in Sydney  te gaan vakansie hou met al 4 die kinders.  Ons het klaar ons plekke bespreek en vertrek aan die begin van April.


Perth
Ons het 'n 10 ure "stop-over" in Perth, so ons moet goed soek om te kan doen vir daardie 10 ure.  As enige van julle idees het wat ons kan doen, laat weet deur 'n boodskap te los. Dankie!

Toeval
Toevallig, is ons op dieselfde vliegtuig geboek na Sydney, via Perth as een van my baie goeie vriendinne wat daardie dag trek na Perth.  Dit is so toevallig, maar ek is ongelooflik bly dat ek daardie ondervinding saam met haar kan deel. 

Nou-ja, nou het julle darem weer nuus van my kant af gehoor en ek sal probeer om meer gereeld te vertel hoe dit met ons immigrasie proses gaan.

Monday, 23 January 2012

Die seep is klaar!

In Augustus 2011 het ek vir julle vertel dat die "einde naby" is en dat dit moeilik is om sekere besluite te neem, veral langtermyn besluite.  Ons sit werklik in 'n posisie waar ons nie weet wanneer ons gaan trek nie en dit maak alledaagse besluite moeilik.
Volg hierdie link om die Augutus se inskrywing te lees

Wel, ek wil nou vir julle vertel die seep is klaar.

Daardie klompie koekies seep wat ek in Junie/Julie gekoop het is nou klaar. Die "paar maande" wat ek op voorberei het, is nou klaar.  Gelukkig vir my, was daardie selfde seep weer op special hierdie afgelope week en ek het toe maar weer my "stock" gevul. Ek dink dit is goeie tydsberekening om so van special tot special te kan leef. LOL

Alle grappies op 'n stokkie!  Mense, dit is werklik 'n probleem om so te leef en nie te weet watter besluite om te neem nie.  Net die ander dag  was suiker vreeslik goedkoop by een van die winkels.  Ons gebruik gelukkig vreeslik min suiker in ons huis en ek moes die "special" verby laat gaan, siende dat ons nog 2 pakke 2.5kg suiker in die spens het.  Dit is nie net kos en specials wat die probleem is nie.

Die kinders is weer skool toe laas week vir die nuwe skool jaar.  Ek het nie die groot maat skryfbehoeftes gekoop wat die skool gevra het nie, en het net genoeg gekoop om so kwartaal te hou.  Die kinders doen perdry en klavier lesse en dit is moeilik om te beplan vir hul jaar se verrigtinge, siende dat ons nie weet hoe lank ons nog in SA gaan wees nie.

Ag, dit is werklik moeilik.  Ons probeer die beste van 'n slegte saak maak en leef amper dag vir dag, week vir week. 

Ons bid hard dat die huis verkoop, maar in die huidige mark, ai toggie!!!!!???

Sunday, 22 January 2012

Emmer Lys (1)

Is “emmer lys” die regte vertaling van “bucket list”? Ek het geen idee wat Bucket list in Afrikaans is nie, maar ek wil julle vertel van ons Bucket List.

‘n Bucket list (of Emmer lys) is ‘n lys van goed wat jy graag wil doen voordat jy doodgaan, die emmer skop of in Engels – “kicking the bucket”.

Nou-ja, by gebrek aan ‘n beter naam, het Sarel en ek besluit om ‘n Emmer lys op te stel van goed wat ons graag wil doen in Suid Afrika voordat ons Australië toe trek. Ons het die kinders hierby betrek en ons het ons lysie gemaak.
Daar is so baie goed wat ons wil doen, maar ek is bevrees ons gaan nie by alles kom nie. Ons sal dalk van die goed moet laat oorstaan tot ons eerste vakansie terug in SA.
Ek is bly om te kan sê dat ons al heelwat van die  lys gedoen het die afgelope jaar.  Hier is 'n paar goedjies wat ons al gedoen het:
- Mpumalanga vakansie (4 aande / 5 dae vakansie)
- Kruger Wildtuin vakansie (1 aand, 2 dae in die wild tuin)
- Durban vakansie (langnaweek 4 aande / 5 dae)
- Maropeng (een dag uitstappie)
- SAB – World of Beer toer (een dag uitstappie) – ek het ongelukkig my kamera by die huis vergeet en het dus geen fotos van hierdie uitstappie nie.
- Stoomtrein (Hierdie was die werk se Jaar eind funksie en gevolglik het ons die geleetheid gekry)
- SA Lipizzaner show (“Spur of the moment” uitstappie vanoggend)

Ek sal in die volgende paar dae ‘n paar foto’s op sit van elk van die Emmer lys uitstappies.
Die eerste paar foto’s is van ons Mpumalanga en Kruger Wiltuin vakansie in April 2011.

In April 2011 het Sarel se broer ons genooi om by hulle vakansie huis te gaan kuier op Leopard Creek.  Dit is 'n fantastiese plek op die ower van die Krokodil rivier in die Kruger Wildtuin.  Ons het vir 'n paar aande by hulle gekuier en daarna vir 'n "mid-week" vakansie by Crystal springs by Pelgrims rus gaan vakansie hou.  Ons het vir een aand daarna in die Kruger wildtuin gaan bly.  Dit was 'n ongelooflike lekker, maar vinnige trip. Ons het dit almal vreeslik geniet en ons was baie gelukkig om baie diere en baie mooi besienswaardighede te sien.

Hierdie kameelperd (en sy maatjie) bly naby die clubhuis by Leopard Creek Golf Estate.  Hulle loop mak tussen die mense rond.  Die volgende foto sal julle sien het ons met die golf karretjies sommer so tussen hulle deur gery.



In die golf karretjie by Leopard Creek




By Pelgrims Rus - 'n ou kar meuseum




Lekker kossies tyd by Pelgrims rus.








The Pinicle - by Graskop




God's Window - by Graskop







Die kinders by een van die watervalle in die graskop omgewing




Die "3 rondawels" by Blyderiviers poort




Hierdie was van ons stoep geneem by Crystal Springs.  Wat 'n View!!!!?


Hierdie dag was Cara se 8ste Verjaarsdag. Ons het dit gevier deur put-put te speel en na Sabie te gaan om in die "trein" te gaan eet.





Hierdie restaurant het 'n ou Spoornet trein in as deel van hul restaurant omskep. Die kinders het lekker gespeel by die vensters




In die wildtuin.  Mens neem gewoonlik baie opgewonde die eerste klomp rooibokke af. Later ry mens maar net verby :-)


 Mooi foto van 'n kameelperd (Ek kry nie die foto gedraai nie. Ek sal nog aanhou probeer)


Vlakvark!


Oom Olifant! Ons was gelukkig en het baie olifante gesien



Hier kon ons uit die kar klim by die Olifants rivier.  Terwyl ek hierdie foto geneem het, het Mr Apie skelmpies by ons oop venster van die kar ingeklim en 'n pakkie Nick Nacks gesteel.  Klein bliksempie!

Hier sit aap se kind en eet lekker aan die Nick Nacks.  Sy mondjie was goudgeel van die chippies en nadat hy klaar geëet het, frommel hy so ewe die pakkie op en gooi dit op die grond. Laat my nogal dink aan 'n paar van die menskinders wat dieselfde doen. Ons het maar die papiertjie opgetel en in die asblik gaan gooi.

Hierdie was so uur geneem voordat ons by die hek moes uitgaan.  Ons was baie teleurgeseld dat ons net 2 van die groot 5 gesien het. Ons het net Olifante en 'n Renoster gesien.  Ons was gelukkig genoeg om toe 'n paar buffels ook te sien.

Omtrent so 10 minute voor die Phalaborwa hek, was ons so gelukkig om hierdie Luiperd langs die pad te kry.  Ek het my vergaap aan die mooi gesig hier langs die pad.  Sarel "skree" toe vir my "Neem 'n foto" (ek is mos die gesin se kameravrou).  Ek kry toe darem die foto geneem waar die luiperd begin wegstap. Ons was so gelukkig om die pragtige dier te sien.

Nou - Ja.  Hierdie vakansie was darem amper 'n jaar terug. Ten minste is daar mooi fotos as bewys dat ons darem 'n paar goedjies kon afmerk op ons Emmer lys

Suid Afrika is werklik 'n pragtige land.  Dis is jammer om hierdie land te verlaat, maar dit is die prys wat ons moet betaal vir die vryheid en toekoms wat ons vir ons kinders wil hê.

Saturday, 14 January 2012

Biltong gerief

Vanoggend (Saterdag) word ek wakker met 'n vreeslike sinus hoofpyn, toe neus en die bekende sinus-infeksie-goor-gevoel.  Ek besluit toe "Hier bly ek die res van die dag". 

Na die nodige opstaan vir die oggend roetine in die badkamer (eintlik net toilet roetine) dog ek, ag ek is nou op, kan net sowel gou iets gaan eet en die nodige pyn en goor-voel pilletjie drink. 

Na die eet, piletjie drink en kinders help in die kombuis is ek terug bed toe om myself te gaan jammer kry.  Ek vat my skoot rekenaartjie en begin lees aan 'n blog wat ek gisteraand "ontdek" het oor 'n familie wat so amper 4 jaar terug Australië toe getrek het.  Wat 'n heerlike blog.  Ek begin gewoonlik by dag een (eerste inskrywing) en dan kan nie die blog 'neersit' totdat ek klaar gelees het nie. 

In hierdie spesifieke blog lees ek weer-eens oor biltong.  Ons geliefde boere snack en hoe die expats dit moeilik vind om sonder die snack oor die weg te kom.  Nie net in hierdie blog nie, maar ook in ander se blog, lees ek oor die proses om biltong in die hande te kry, hoe dit gespook word om dit te maak, hoe hulle sukkel om die regte toebehore te kry en wat nog alles.  Meeste van die kere is die self-maak-biltong 'n reuse sukses en lekker genoeg om oor te spog in hul blogs. 

Indien die mede bloggers nie self biltong maak nie, vertel hulle oor die prys van biltong.  En dit, kan ek julle persoonlik vertel, is 'n hartseer storie. Ek het self gesien dat iets wat 'n slaghuis maak wat so soortvan soos biltong lyk teen $90 per kilo verkoop. WAT!!! Nee regtig.  Met my eie 2 ogies gesien.

Ek het natuurlik in tussen uit die bed gekom, gestort en voel ook al heelwat beter.  Ek het met my skootrekenaar en al na die sitkamer getrek en kyk saam met my man na die krieket wat aan is en so tussen deur lees ek die blog.  Ons praat oor die biltong in Australia en skielik is ons ook lus vir biltong.

Nou ja, gelukkig is ons nog in Suid Afrika. Ek gryp my handsak en karsleutels en daar gaan ek.  Na die naaste en goedkoopste biltong winkeltjie in die omgewing.  Die biltong daar is R150 per kilo en die beste in die hele land (seker wêreld ook!).

Ek stap in en vra vir R50 biltong en R50 droëwors.  Tjoef tjaf, en daar het ons ons lekker snack vir die middag.  Die oom wat daar werk ken my en vra nog so ewe uit oor ons Australie planne.  Ons lag oor die impulsiewe biltong kopery en dat ek dit gaan mis.

Nou eet ek 'n biltong en maaskaas broodjie as middagete en tik lekker aan my blog.

Ek gaan die gerieflikheid van biltong regtig mis as ons eers daar in Sydney is. Ons het laas winter my ma ingekry om ons te kom help biltong maak en sommer ook wors ook.  Ek dink ons is OK om dit te maak en ek dink ons sal OK wees, maar ons gaan nog steeds die gerieflikheid en goedkoop manier van biltong koop in SA mis.

En net soos my mede bloggers, sal ek julle ook van ons Biltong avonture vertel.

Thursday, 12 January 2012

Ons trek kwotasie

Hallo daar my getroue volgelinge (en nuwelinge).  Hierdie is my eerste blog inskrywing van 2012 en dus wil ek van hierdie geleentheid gebruik maak om julle ‘n hartlike 2012 toe te wens.  Mag julle ‘n baie voorspoedige en betekenisvolle jaar hê.
Ons wens vir onsself is dat ons emigrasie planne hierdie jaar volbring gaan word en as dit so is, gaan dit ‘n baie interessante jaar wees.  Ons sien werklik daarna uit.
Einde laas jaar het ons ‘n maatskappy ingekry wat vir ons ‘n kwotasie gegee het vir ons trek na Sydney, Australia.  Die kontak persoon is: Leslie Nienaber, van Over the Limit (www.overthelimitluggage.co.za) .  Sy het my toestemming gegee om haar kontak besonderhede op my blog te sit, dus as julle haar wil kontak, haar nommer is 011 964 8134 of gaan gerus na haar website.  Sy werk nie net met immigrasie nie, maar ook met invoer en uitvoer en is werklik ‘n baie goeie kenner op die gebied.
Sy was ongelooflik aangenaam en het ons werklik baie raad gegee en gehelp om ons gemoedsrus te gee oor ons trek. 
Sien, as ‘n totale leek, word mens allerande nonsense vertel oor die trek en dan weet mens nie meer wat om te glo nie.  Ons het goed gehoor soos mens kan nie hout inneem Australia toe nie, riempies is ‘n groot nee-nee en die klavier gaan nat en verwoes aan die ander kant uitkom. Verder het ons gehoor dat goed soos kussings (vere) en ander soorgelyke ietems nie toegelaat gaan word nie.  Ons het al hierdie info met ‘n knippie sout geneem en gewag dat ons die regte expert kry om ons die regte info te gee.
Wel, Leslie was daardie expert en ons is nou 100% reg vir die trek.
Eerstens, die volgende kan ingaan: Hout meubels, riempies bankies met riempies en al, vere produkte kan ingaan en die klavier staan ‘n BAIE klein kans om vrot te word.  (Dit gaan eerder vrot word omdat niemand op die ding speel nie!)  Ek moet onthou om julle nog te vertel van die klavier storie en die kinders se klavier lesse!
Alles kan basies ingaan – solank dit behandel is. Hout wat goggas in het sal nie kan ingaan nie en so ook nie onbehandelde hout en vere nie. Daardie hout ornamente wat mens langs die pad koop (Afrika memorabilia tipe goed), is ‘n nee-nee.  Dit is onbehandelde hout en nie so seker hoeveel goggas daarnin is nie (of potensiele goggas J). 
Ek is een van daardie vreemde kat mense wat ‘n miljoen kat ornamente in die huis het.  Sarel het my al selfs belet om nog ‘n kat die huis in te bring en raai wat koop hy toe vir my vir Kersfees – ‘n kat ornament J.  Nou ja, ek het ‘n hele klomp hout katte, wat dalk nie die reis na Australia sal maak nie, maar ek sal dit aanvul met ander tipe katte (Sal nog my kat-budget met Sarel bespreek).  Gelukkig het ek genoeg kat-mal familie wat my hout katjies sal waardeer en dus sal hulle nie homeless wees nie.
Nou ja, terug by die trek.  Die enigste ding wat ons beslis nie sal kan inneem nie is bamboes/riet goettertjies. Mantjies, ornamente en daardie tipe goed.  Ek het gelukkig nie baie van dit nie.
Drank is nog ‘n ander probleempie.  Mens kan dit inneem, maar sal dan ‘n alhohol belasting daarop betaal. Dit is nogal baie geldjies.  So iets soos 80% op die waarde in Australia.  Dus as jy ‘n bottel whisky inneem, wat jy in 1980 teen R10 gekoop het, sal jy die balasting betaal op die huidige waarde (in AUS$).  (in elk geval, dit is hoe ons dit verstaan) Dit kan nogal ‘n aardige bedraggie uiwerk, so ek en Sarel gaan een of ander tyd ‘n “drink party” gooi sodat ons maar van die onnodige botteltjies ontslae kan raak.  Ons sal maar slaapplek vir al die besoekers ook moet reel J. Ons sal net ons baie waardevolle drank saamneem.
Verder is die trek maklik. Leslie het gesê dat ons alles voor die tyd moet uitsorteer en dit wat reeds uitsorteer is in die kaste los.  Sy stel voor dat ons een hoek van ‘n kamer of ‘n hele kamer gebruik om alles wat ons nie gaan trek nie (ook daardie goed wat ons saam met ons vlug inneem) een kant los en die trek personeel sal gevolglik nie verkeerdelik die goed pak nie.  Hulle verpak alles en is nogal innoveerend oor waar hulle spasie kry om alles in te sit. Onthou, dit gaan nie oor gewig nie, maar oor volume.  Dus, daar waar hulle in ding kan indruk, daar word dit ingedruk.   In Australia word die container by ons huis uitgepak en alle bokse word in die huis uitgepak en die meubels word uit hul verpakking gehaal. Daar word dit egter net neergesit en ek sal self die rondkuiewery en plek-soek-vir-alles moet doen. 
Ek wil net gou aan julle noem dat ek ‘n totale control freak is as dit kom by pak. Ek het in die laaste paar jaar BAIE getrek (van Jul 2005 tot Jul 2008 het ek 4 keer getrek) en voor dit 'n paar keer, insluitende Durban toe en terug Gauteng toe. Ek is baie puntenerig, dus – ek gaan moet kalmeer tablette of iets moet drink as iemand anders as ek en my bediende die pakwerk gaan doen! Ek stres nou al daaroor… dalk sal ek moet  “spa” toe gaan vir daardie dae, sodat ek nie daar hoef te wees nie. Sal nog met Sarel oor hierdie idee praat J
Ons het ‘n 5 slaapkamer huis, met 3 sitkamer/leefvertrekke.  Dus is die kans baie klein dat ons sal kan wegkom met ‘n klein krat.  Ons het dus ons kwotasie vir die 40 ft container gekry en dit werk uit op so ongeveer R100 000 (om presies te wees R99,045).  Dit is nou sonder versekering , storage en fumigation wat dalk mag gevra word deur Australia Doane.
Die maatskappy wat hulle gebruik om die trek te doen is KINGS INTERNATIONAL  (www.kings-int.com ) . 
Ons voel heel gemaklik met hierdie kwotasie, maar vir die wis en onwis, sal ons dalk 2 ander maatskappye inkry net om seker te maak hierdie is die goedkoopste.
Vir die wat ook hierdie paadjie stap, hoop hierdie info help en vir die wat alreeds daardeur is – julle is seker bly dit is nie julle wat nog hierdie berg moet uitklim nie.
Lekker bly, tot volgende bolg post.