Timeline

Saturday, 14 January 2012

Biltong gerief

Vanoggend (Saterdag) word ek wakker met 'n vreeslike sinus hoofpyn, toe neus en die bekende sinus-infeksie-goor-gevoel.  Ek besluit toe "Hier bly ek die res van die dag". 

Na die nodige opstaan vir die oggend roetine in die badkamer (eintlik net toilet roetine) dog ek, ag ek is nou op, kan net sowel gou iets gaan eet en die nodige pyn en goor-voel pilletjie drink. 

Na die eet, piletjie drink en kinders help in die kombuis is ek terug bed toe om myself te gaan jammer kry.  Ek vat my skoot rekenaartjie en begin lees aan 'n blog wat ek gisteraand "ontdek" het oor 'n familie wat so amper 4 jaar terug Australië toe getrek het.  Wat 'n heerlike blog.  Ek begin gewoonlik by dag een (eerste inskrywing) en dan kan nie die blog 'neersit' totdat ek klaar gelees het nie. 

In hierdie spesifieke blog lees ek weer-eens oor biltong.  Ons geliefde boere snack en hoe die expats dit moeilik vind om sonder die snack oor die weg te kom.  Nie net in hierdie blog nie, maar ook in ander se blog, lees ek oor die proses om biltong in die hande te kry, hoe dit gespook word om dit te maak, hoe hulle sukkel om die regte toebehore te kry en wat nog alles.  Meeste van die kere is die self-maak-biltong 'n reuse sukses en lekker genoeg om oor te spog in hul blogs. 

Indien die mede bloggers nie self biltong maak nie, vertel hulle oor die prys van biltong.  En dit, kan ek julle persoonlik vertel, is 'n hartseer storie. Ek het self gesien dat iets wat 'n slaghuis maak wat so soortvan soos biltong lyk teen $90 per kilo verkoop. WAT!!! Nee regtig.  Met my eie 2 ogies gesien.

Ek het natuurlik in tussen uit die bed gekom, gestort en voel ook al heelwat beter.  Ek het met my skootrekenaar en al na die sitkamer getrek en kyk saam met my man na die krieket wat aan is en so tussen deur lees ek die blog.  Ons praat oor die biltong in Australia en skielik is ons ook lus vir biltong.

Nou ja, gelukkig is ons nog in Suid Afrika. Ek gryp my handsak en karsleutels en daar gaan ek.  Na die naaste en goedkoopste biltong winkeltjie in die omgewing.  Die biltong daar is R150 per kilo en die beste in die hele land (seker wêreld ook!).

Ek stap in en vra vir R50 biltong en R50 droëwors.  Tjoef tjaf, en daar het ons ons lekker snack vir die middag.  Die oom wat daar werk ken my en vra nog so ewe uit oor ons Australie planne.  Ons lag oor die impulsiewe biltong kopery en dat ek dit gaan mis.

Nou eet ek 'n biltong en maaskaas broodjie as middagete en tik lekker aan my blog.

Ek gaan die gerieflikheid van biltong regtig mis as ons eers daar in Sydney is. Ons het laas winter my ma ingekry om ons te kom help biltong maak en sommer ook wors ook.  Ek dink ons is OK om dit te maak en ek dink ons sal OK wees, maar ons gaan nog steeds die gerieflikheid en goedkoop manier van biltong koop in SA mis.

En net soos my mede bloggers, sal ek julle ook van ons Biltong avonture vertel.

2 comments:

  1. Hi Chantel, dit is lekker om jou blog te lees. Laat my ver terugdink na die begin van ons reis na 'n nuwe lewe! Jy kry oral in Ozland biltong en droewors, maar jy betaal natuurlik 'n prys daarvoor. Ons is so bevoorreg dat 'n SAfrikaanse winkel skaars 'n km van ons huis af oopgemaak het. Wat 'n versoeking om nie elke dag daar in te gaan nie!!! Sterkte vir die groot trek en al die voorbereidings!!
    Anilo

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Anilo. Ek geniet jou blog ook vreeslik. Dankie vir al jou insette, veral die emosionele kant van die aanpassing is baie mooi verduidelik in jou blog. Ons sien uit na ons avontuur. Groete

      Delete