Timeline

Monday, 23 January 2012

Die seep is klaar!

In Augustus 2011 het ek vir julle vertel dat die "einde naby" is en dat dit moeilik is om sekere besluite te neem, veral langtermyn besluite.  Ons sit werklik in 'n posisie waar ons nie weet wanneer ons gaan trek nie en dit maak alledaagse besluite moeilik.
Volg hierdie link om die Augutus se inskrywing te lees

Wel, ek wil nou vir julle vertel die seep is klaar.

Daardie klompie koekies seep wat ek in Junie/Julie gekoop het is nou klaar. Die "paar maande" wat ek op voorberei het, is nou klaar.  Gelukkig vir my, was daardie selfde seep weer op special hierdie afgelope week en ek het toe maar weer my "stock" gevul. Ek dink dit is goeie tydsberekening om so van special tot special te kan leef. LOL

Alle grappies op 'n stokkie!  Mense, dit is werklik 'n probleem om so te leef en nie te weet watter besluite om te neem nie.  Net die ander dag  was suiker vreeslik goedkoop by een van die winkels.  Ons gebruik gelukkig vreeslik min suiker in ons huis en ek moes die "special" verby laat gaan, siende dat ons nog 2 pakke 2.5kg suiker in die spens het.  Dit is nie net kos en specials wat die probleem is nie.

Die kinders is weer skool toe laas week vir die nuwe skool jaar.  Ek het nie die groot maat skryfbehoeftes gekoop wat die skool gevra het nie, en het net genoeg gekoop om so kwartaal te hou.  Die kinders doen perdry en klavier lesse en dit is moeilik om te beplan vir hul jaar se verrigtinge, siende dat ons nie weet hoe lank ons nog in SA gaan wees nie.

Ag, dit is werklik moeilik.  Ons probeer die beste van 'n slegte saak maak en leef amper dag vir dag, week vir week. 

Ons bid hard dat die huis verkoop, maar in die huidige mark, ai toggie!!!!!???

2 comments:

  1. Ek weet presies! Ons het net so gesukkel om ons huis verkoop te kry, maar daardie dag sal kom - byt net vas!

    ReplyDelete
  2. Dankie. Ons bid nou vir geduld en nie meer dat die huis verkoop nie. Voel beter vir die siel :-)

    ReplyDelete