Timeline

Sunday, 22 January 2012

Emmer Lys (1)

Is “emmer lys” die regte vertaling van “bucket list”? Ek het geen idee wat Bucket list in Afrikaans is nie, maar ek wil julle vertel van ons Bucket List.

‘n Bucket list (of Emmer lys) is ‘n lys van goed wat jy graag wil doen voordat jy doodgaan, die emmer skop of in Engels – “kicking the bucket”.

Nou-ja, by gebrek aan ‘n beter naam, het Sarel en ek besluit om ‘n Emmer lys op te stel van goed wat ons graag wil doen in Suid Afrika voordat ons Australië toe trek. Ons het die kinders hierby betrek en ons het ons lysie gemaak.
Daar is so baie goed wat ons wil doen, maar ek is bevrees ons gaan nie by alles kom nie. Ons sal dalk van die goed moet laat oorstaan tot ons eerste vakansie terug in SA.
Ek is bly om te kan sê dat ons al heelwat van die  lys gedoen het die afgelope jaar.  Hier is 'n paar goedjies wat ons al gedoen het:
- Mpumalanga vakansie (4 aande / 5 dae vakansie)
- Kruger Wildtuin vakansie (1 aand, 2 dae in die wild tuin)
- Durban vakansie (langnaweek 4 aande / 5 dae)
- Maropeng (een dag uitstappie)
- SAB – World of Beer toer (een dag uitstappie) – ek het ongelukkig my kamera by die huis vergeet en het dus geen fotos van hierdie uitstappie nie.
- Stoomtrein (Hierdie was die werk se Jaar eind funksie en gevolglik het ons die geleetheid gekry)
- SA Lipizzaner show (“Spur of the moment” uitstappie vanoggend)

Ek sal in die volgende paar dae ‘n paar foto’s op sit van elk van die Emmer lys uitstappies.
Die eerste paar foto’s is van ons Mpumalanga en Kruger Wiltuin vakansie in April 2011.

In April 2011 het Sarel se broer ons genooi om by hulle vakansie huis te gaan kuier op Leopard Creek.  Dit is 'n fantastiese plek op die ower van die Krokodil rivier in die Kruger Wildtuin.  Ons het vir 'n paar aande by hulle gekuier en daarna vir 'n "mid-week" vakansie by Crystal springs by Pelgrims rus gaan vakansie hou.  Ons het vir een aand daarna in die Kruger wildtuin gaan bly.  Dit was 'n ongelooflike lekker, maar vinnige trip. Ons het dit almal vreeslik geniet en ons was baie gelukkig om baie diere en baie mooi besienswaardighede te sien.

Hierdie kameelperd (en sy maatjie) bly naby die clubhuis by Leopard Creek Golf Estate.  Hulle loop mak tussen die mense rond.  Die volgende foto sal julle sien het ons met die golf karretjies sommer so tussen hulle deur gery.



In die golf karretjie by Leopard Creek




By Pelgrims Rus - 'n ou kar meuseum




Lekker kossies tyd by Pelgrims rus.








The Pinicle - by Graskop




God's Window - by Graskop







Die kinders by een van die watervalle in die graskop omgewing




Die "3 rondawels" by Blyderiviers poort




Hierdie was van ons stoep geneem by Crystal Springs.  Wat 'n View!!!!?


Hierdie dag was Cara se 8ste Verjaarsdag. Ons het dit gevier deur put-put te speel en na Sabie te gaan om in die "trein" te gaan eet.





Hierdie restaurant het 'n ou Spoornet trein in as deel van hul restaurant omskep. Die kinders het lekker gespeel by die vensters




In die wildtuin.  Mens neem gewoonlik baie opgewonde die eerste klomp rooibokke af. Later ry mens maar net verby :-)


 Mooi foto van 'n kameelperd (Ek kry nie die foto gedraai nie. Ek sal nog aanhou probeer)


Vlakvark!


Oom Olifant! Ons was gelukkig en het baie olifante gesien



Hier kon ons uit die kar klim by die Olifants rivier.  Terwyl ek hierdie foto geneem het, het Mr Apie skelmpies by ons oop venster van die kar ingeklim en 'n pakkie Nick Nacks gesteel.  Klein bliksempie!

Hier sit aap se kind en eet lekker aan die Nick Nacks.  Sy mondjie was goudgeel van die chippies en nadat hy klaar geëet het, frommel hy so ewe die pakkie op en gooi dit op die grond. Laat my nogal dink aan 'n paar van die menskinders wat dieselfde doen. Ons het maar die papiertjie opgetel en in die asblik gaan gooi.

Hierdie was so uur geneem voordat ons by die hek moes uitgaan.  Ons was baie teleurgeseld dat ons net 2 van die groot 5 gesien het. Ons het net Olifante en 'n Renoster gesien.  Ons was gelukkig genoeg om toe 'n paar buffels ook te sien.

Omtrent so 10 minute voor die Phalaborwa hek, was ons so gelukkig om hierdie Luiperd langs die pad te kry.  Ek het my vergaap aan die mooi gesig hier langs die pad.  Sarel "skree" toe vir my "Neem 'n foto" (ek is mos die gesin se kameravrou).  Ek kry toe darem die foto geneem waar die luiperd begin wegstap. Ons was so gelukkig om die pragtige dier te sien.

Nou - Ja.  Hierdie vakansie was darem amper 'n jaar terug. Ten minste is daar mooi fotos as bewys dat ons darem 'n paar goedjies kon afmerk op ons Emmer lys

Suid Afrika is werklik 'n pragtige land.  Dis is jammer om hierdie land te verlaat, maar dit is die prys wat ons moet betaal vir die vryheid en toekoms wat ons vir ons kinders wil hê.

2 comments:

  1. Ek moet bieg, ek was bietjie stout van dag. Terwyl ek my aandag moes gee in ons weeklikse vergadering het ek stilletjies gesit en jou blog lees op my iPhone. Maar jy kan my nie blameer nie. In die jare en maande voor ons uit Suid Afrika weg is het ek ook per geleentheid by feitlik al daardie plekke ‘n draai gaan maak. Die trein, Crystal Springs, selfs daardie selfde putt-putt baan. Die wildtuin, Graskop, God’sWindow. Ai maar dis darem mooi plekke, en jy het pragtige foto’s daarvan geneem. My hart trek sommer 'n punt daarheen. Vergelyk dit nou met ‘n vervelige vergadering oor data centres en servers en IT probleme. Nee, jy kan my nie kwalik neem nie...

    ReplyDelete
  2. Ha-ha. Ek neem jou nie kwalik nie :-) Suid Afrika is werklik 'n besonderse mooi land. Net jammer almal waardeer dit nie so nie. Ek is bly om te hoor my blog is lekkerder as 'n Maandag oggend meeting.

    ReplyDelete