Timeline

Thursday, 12 January 2012

Ons trek kwotasie

Hallo daar my getroue volgelinge (en nuwelinge).  Hierdie is my eerste blog inskrywing van 2012 en dus wil ek van hierdie geleentheid gebruik maak om julle ‘n hartlike 2012 toe te wens.  Mag julle ‘n baie voorspoedige en betekenisvolle jaar hê.
Ons wens vir onsself is dat ons emigrasie planne hierdie jaar volbring gaan word en as dit so is, gaan dit ‘n baie interessante jaar wees.  Ons sien werklik daarna uit.
Einde laas jaar het ons ‘n maatskappy ingekry wat vir ons ‘n kwotasie gegee het vir ons trek na Sydney, Australia.  Die kontak persoon is: Leslie Nienaber, van Over the Limit (www.overthelimitluggage.co.za) .  Sy het my toestemming gegee om haar kontak besonderhede op my blog te sit, dus as julle haar wil kontak, haar nommer is 011 964 8134 of gaan gerus na haar website.  Sy werk nie net met immigrasie nie, maar ook met invoer en uitvoer en is werklik ‘n baie goeie kenner op die gebied.
Sy was ongelooflik aangenaam en het ons werklik baie raad gegee en gehelp om ons gemoedsrus te gee oor ons trek. 
Sien, as ‘n totale leek, word mens allerande nonsense vertel oor die trek en dan weet mens nie meer wat om te glo nie.  Ons het goed gehoor soos mens kan nie hout inneem Australia toe nie, riempies is ‘n groot nee-nee en die klavier gaan nat en verwoes aan die ander kant uitkom. Verder het ons gehoor dat goed soos kussings (vere) en ander soorgelyke ietems nie toegelaat gaan word nie.  Ons het al hierdie info met ‘n knippie sout geneem en gewag dat ons die regte expert kry om ons die regte info te gee.
Wel, Leslie was daardie expert en ons is nou 100% reg vir die trek.
Eerstens, die volgende kan ingaan: Hout meubels, riempies bankies met riempies en al, vere produkte kan ingaan en die klavier staan ‘n BAIE klein kans om vrot te word.  (Dit gaan eerder vrot word omdat niemand op die ding speel nie!)  Ek moet onthou om julle nog te vertel van die klavier storie en die kinders se klavier lesse!
Alles kan basies ingaan – solank dit behandel is. Hout wat goggas in het sal nie kan ingaan nie en so ook nie onbehandelde hout en vere nie. Daardie hout ornamente wat mens langs die pad koop (Afrika memorabilia tipe goed), is ‘n nee-nee.  Dit is onbehandelde hout en nie so seker hoeveel goggas daarnin is nie (of potensiele goggas J). 
Ek is een van daardie vreemde kat mense wat ‘n miljoen kat ornamente in die huis het.  Sarel het my al selfs belet om nog ‘n kat die huis in te bring en raai wat koop hy toe vir my vir Kersfees – ‘n kat ornament J.  Nou ja, ek het ‘n hele klomp hout katte, wat dalk nie die reis na Australia sal maak nie, maar ek sal dit aanvul met ander tipe katte (Sal nog my kat-budget met Sarel bespreek).  Gelukkig het ek genoeg kat-mal familie wat my hout katjies sal waardeer en dus sal hulle nie homeless wees nie.
Nou ja, terug by die trek.  Die enigste ding wat ons beslis nie sal kan inneem nie is bamboes/riet goettertjies. Mantjies, ornamente en daardie tipe goed.  Ek het gelukkig nie baie van dit nie.
Drank is nog ‘n ander probleempie.  Mens kan dit inneem, maar sal dan ‘n alhohol belasting daarop betaal. Dit is nogal baie geldjies.  So iets soos 80% op die waarde in Australia.  Dus as jy ‘n bottel whisky inneem, wat jy in 1980 teen R10 gekoop het, sal jy die balasting betaal op die huidige waarde (in AUS$).  (in elk geval, dit is hoe ons dit verstaan) Dit kan nogal ‘n aardige bedraggie uiwerk, so ek en Sarel gaan een of ander tyd ‘n “drink party” gooi sodat ons maar van die onnodige botteltjies ontslae kan raak.  Ons sal maar slaapplek vir al die besoekers ook moet reel J. Ons sal net ons baie waardevolle drank saamneem.
Verder is die trek maklik. Leslie het gesê dat ons alles voor die tyd moet uitsorteer en dit wat reeds uitsorteer is in die kaste los.  Sy stel voor dat ons een hoek van ‘n kamer of ‘n hele kamer gebruik om alles wat ons nie gaan trek nie (ook daardie goed wat ons saam met ons vlug inneem) een kant los en die trek personeel sal gevolglik nie verkeerdelik die goed pak nie.  Hulle verpak alles en is nogal innoveerend oor waar hulle spasie kry om alles in te sit. Onthou, dit gaan nie oor gewig nie, maar oor volume.  Dus, daar waar hulle in ding kan indruk, daar word dit ingedruk.   In Australia word die container by ons huis uitgepak en alle bokse word in die huis uitgepak en die meubels word uit hul verpakking gehaal. Daar word dit egter net neergesit en ek sal self die rondkuiewery en plek-soek-vir-alles moet doen. 
Ek wil net gou aan julle noem dat ek ‘n totale control freak is as dit kom by pak. Ek het in die laaste paar jaar BAIE getrek (van Jul 2005 tot Jul 2008 het ek 4 keer getrek) en voor dit 'n paar keer, insluitende Durban toe en terug Gauteng toe. Ek is baie puntenerig, dus – ek gaan moet kalmeer tablette of iets moet drink as iemand anders as ek en my bediende die pakwerk gaan doen! Ek stres nou al daaroor… dalk sal ek moet  “spa” toe gaan vir daardie dae, sodat ek nie daar hoef te wees nie. Sal nog met Sarel oor hierdie idee praat J
Ons het ‘n 5 slaapkamer huis, met 3 sitkamer/leefvertrekke.  Dus is die kans baie klein dat ons sal kan wegkom met ‘n klein krat.  Ons het dus ons kwotasie vir die 40 ft container gekry en dit werk uit op so ongeveer R100 000 (om presies te wees R99,045).  Dit is nou sonder versekering , storage en fumigation wat dalk mag gevra word deur Australia Doane.
Die maatskappy wat hulle gebruik om die trek te doen is KINGS INTERNATIONAL  (www.kings-int.com ) . 
Ons voel heel gemaklik met hierdie kwotasie, maar vir die wis en onwis, sal ons dalk 2 ander maatskappye inkry net om seker te maak hierdie is die goedkoopste.
Vir die wat ook hierdie paadjie stap, hoop hierdie info help en vir die wat alreeds daardeur is – julle is seker bly dit is nie julle wat nog hierdie berg moet uitklim nie.
Lekker bly, tot volgende bolg post.

3 comments:

  1. Een woord: "Sterkte!"

    Toemaar, dis nie so erg nie :) Ek lei af julle sien dit as 'n groot "adventure", en ek dink dit is die geheim. Stres sal daar maar altyd wees, maar bly positief en vat alles in julle 'stride', dan sal dit goed uitwerk.

    Ons het ook 'n klavier oorgebring, en ook baie hout en leer meubels, en geen probleme gehad nie. Selfs ook 'n hout kat. Het hierdie katjie net goed ge-olie en duidelik aangedui dat die hout behandel is. So ook met 'n paar hout bakke wat ons langs die pad in SA gekoop het. Dis is egter 'n bietjie van 'n risiko, want as hulle besluit dit mag nie inkom nie vra hulle jou steeds geld om dit te verwoes. Dis maar 'n kans wat ons gevat het en gelukkig het dit uitgewerk.

    Ons ondervinding met die pakkers was ook baie goed, hulle ken hulle storie! (ons het Magna gebruik)

    Nou ja, dit was toe nie net een woord nie... Laat weet ons hoe dit gaan, en onthou die storie van die klavier en lesse!

    ReplyDelete
  2. Die drank wat jy inbring is nie regtig 'n issue nie. Ons het so 70+ bottels wyn ingebring en ons eie pryse opgesit, het minimaal betaal vir invoer belasting diekant. Hulle vra jou wat die waarde van elke bottel is, jy moet net voor die tyd seker maak dat jy 'n volledige lys het van al die drank. Dit word eerste ge-inspekteer as die container oopgemaak word.

    Die prentjie wat ons al gevorm het diekant met doeane is hoe later in die jaar jy oorkom hoe minder geneig is hulle om alles na te gaan, hoe vroeer jy in die jaar kom hoe meer geneig is hulle om alles te deursoek.

    Sterkte met die pakkery.

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie Willa. Dit is goed om te weet.

      Delete