Timeline

Monday, 8 October 2012

Kaatjies is bespreek!!!

Hoe wonderlik is dit nie, ons kaartjies is geboek en betaal!!!!

Ons het deur IOM bespreek, want dan kry ons dubbel die bagasie per persoon. Ons vlieg 2de week in die nuwe jaar!

NOU KOM DIE SPORTS!!!! 

Ons vlieg oor presies 3 maande.  Hulle kom oor presies 2 maande my huis in 'n container pak.

Oe, Oe, Oe ... my maag begin nou behoorlik DRAAI!  Ai die opgewonde en senuagtige emosies wat my nou so beetPAK ...

O, so van PAK gepraat .... laat ek verder my huis gaan uitsort .... nog so baie om te doen ... so min tyd.....

Klink dit of ek panic?

1 comment:

  1. Klink goed Chantel! Is an die ander uitdagings darem nou reg? Sterkte met die pak en uitsorteer! :)

    ReplyDelete