Timeline

Saturday, 17 November 2012

Aaklige paar dae!

Ek wou die titel eerde maak "K@K paar dae" maar dit mag dalk nie so goed afgaan met almal nie (hie-hie)

Ja, ons het 'n lekker farewell geskenkie van Suid Afrika gekry.  1 maand, 3 weke en 3 dae voor ons trek na Sydney, het hulle Sarel (manlief) se laptop rugsak uit sy kar gesteel!

Sy laptop (Mac), iPad en ID was in die sak.

Hy het van 'n vergadering gekom en oppad terug huis toe (wat ook die kantoor is) het hy by 'n hardewarewinkel gestop. (Chamberlains in Centurion).  Sy laptop sak was goed weggesteek, maar die bliksems het hul kar langs Sarel s'n ingetrek, die venster gebreek en die sak gegryp.  Hulle ry toe weg, waai nogals beleef vir die car gaurd en daar trek hulle.

Die wag kom toe agter die venster is stukkend en skryf toe die kar se registrasie nommer neer.

Alles is by die polisie aangegee, maar ons weet dit is 'n onbegonne taak dat hulle ooit iets daaraan sal doen.

Gelukkig het Sarel Woensdag aand, nuwe "gadets" gekoop om sy Macbook vinniger te maak en het gevolglik 'n backup gemaak om die nuwe goodied te installer.  Donderdag is die goed toe gesteel.  Die data op die rekenaar is baie meer belangrik as die waarde van die rekenaar - so in effek was dit nie te groot skade nie, maar baie moeite om alles nou vervang te kry.

Ons vermoed die bliksems wat die goed gesteel het, het hom agtervolg van waar hulle gesien het dat hy die sak in die kar sit.

Nou-ja, toe moes ons nou rondskarrel om die venster vervang te kry.  Sarel vat toe my kar Vrydag om rond te ry want sy kar is mos nou minus 'n venster.  In die Oos Rand waar hy toe 'n nuwe venster moes gaan optel, parkeer iemand toe vas in my kar in.  3 jaar ry ek nou al die kar met GEEN skade en 'n maand voor ek die kar aan my ouers verkoop - kadoef ... haar eerste stamp.  Gelukkig nie vreeslike skade nie, maar weer-eens moeite!!!!!  Asof ons nou tyd het om sulke gemors te hanteer.

Nou ja, beide bogenoemde kan ook in Australia gebeur, so dit is seker onregverdig om dit op RSA te blammeer, maar toggie, die tydsberekening vir hierdie gemors voeg seker maar by vir ons frustrasies!!!!

1 comment:

  1. Ek verstaan jou frustrasie. Dis so 'n spanningsvolle tyd, mens het nie nog ekstra moeite en pyne nodig nie. 'n Vuilgoed trok het in my kar vasgery net voor ons haar verkoop het, so ek verstaan presies hoe jy voel!! Sterkte, een van die dae is jul in Australie!!!

    ReplyDelete