Timeline

Thursday, 29 November 2012

Die huis is verkoop!!!!

Ja, julle het reg gelees, die huis is verkoop. 

Ons het die laaste maar maande die huis baie meer bemark en laas Saterdag het ons 'n offer geteken.  Die kopers het my privaat deur Private Property gekontak en hulle het verlief geraak op die huis.

Na 'n bietjie negotiations het ons op 'n bedrag ooreengestem en ons het 'n offer geteken!!!  Vandag het ons gehoor dat hul lening en alle papierwerk reg is ... so ons huis is verkoop.  En dit net voor ons container kom en dat ons vlieg.  Die timing was perfek!!

Verder doen ons maar al die nodige voorbereidings vir die GROOT TREK en bly maar besig.

Tot later ..

2 comments:

  1. So bly vir julle part. Weet hoe dit voel. Dis darem so lekker om te weet julle kan julle avontuur met 'n skoon bladsy begin.

    ReplyDelete
  2. Dis fantasties!! Baie bly vir julle!!! Ons huis is ook verkoop 'n paar dae voor ons moes vlieg, so dis 'n baie bekende gevoel ... die wete dat jy in Australie kan begin sonder enige "bagasie" wat nog in SA is.

    ReplyDelete