Timeline

Thursday, 8 November 2012

IELTS AKADEMIES

Ai julle, asof ek nie alreeds te veel hooi op die vurk het nie, het ek nog vandag 'n vinnige IELTS Akademiese toetsie ook ingepas.

Natuurlik moes ek en manlief al lankal ons IELTS taaltoeste gedoen het vir ons visa aansoek, so hierdie was nou heeltemal vrywillig (kan mens so stupid wees!!!)

Ek het baie jare gelede 'n graad in Maatskaplie Werk gedoen en het nou op nommer 99 gedink dit is 'n goeie ding om daardie graad geakkrediteer te kry in Australia. As deel van die aansoek moet ek die akademiese IELTS toets doen. Dit is waarom ek nou die ou toetsie hier in die laste stuiptrekkings voor ons trek na Australia gedoen het.

Ek dink dit het redelik OK gegaan, maar mens sal nooit weet totdat ek die uitslae kry nie.  As dit goed genoeg is om met julle te deel, sal ek julle oor 2 weke laat weet.  (wink-wink)

Verder ... vandag oor 2 maande vlieg ons Australie toe.  Ek het 'n baie oulike "timeline" tipe ding gemaak waar die kinders nou elke dag 'n vliegtuigie kan aanskuif om ons laaste dae in Suid Afrika af te tel.  As ek so tussen al die goed onthou sal ek 'n foto neem van die timeline en vir julle wys.

Daar is geen ander nuwe nuus nie ... ons sorteer nog steeds laaie, kaste en alles sover ons gaan en benut elke spaar oomblik om seker te maak ons weet wat ons doen en wat moet waar! Ons het ook nou begin ons "last minute" items te koop sodat dit reg is vir die container wat oor 'n maand kom!

Nou ja, dit was 'n baie besige dag en ek is totaal uitgeput.  Dit is nou tyd vir bed en ek dink ek verdien 'n behoorlike nagrus na vandag se toetskrywery!!!

3 comments:

  1. Ai die liewe IELTS!! Al my simpatie! :)

    ReplyDelete
  2. Min dae oor so laat weet net dan kan ons so bietjie hand by sit sodra jul land liefde groete

    ReplyDelete
  3. Baie Dankie Rina, Ek sal jou beslis kontak sodra ons in Sydney is.

    ReplyDelete