Timeline

Monday, 21 October 2013

Tande Trauma in Suid Afrika

Sjoe, tyd vlieg.

Presies 9 maande nadat ons op ons vliegtuigie geklim het na ons nuwe land in Januarie vanjaar, het ek weer op 'n ou vliegtuigie geklim en na Suid Afrika gevlieg.  Nie omdat daar drama, trauma of krisisse is nie, maar omdat my tande nie van Australië hou nie.

Ek gaan jou nie verveel met al my tande stories nie, maar in kort sal ek net noem dat ek werklik een van die laaste mense in die ry was toe kwaliteit tande uitgedeel was. Na jare se wortel kanaal behandeling en krone en stopsels en wat-ookal-nog-gedoen-kan-word het ek nou besluit genoeg is genoeg!!! Ek is moedeloos.  Ek was skaars in Australie toe kort ek 'n stopsel. Net daarna word een van my tande grys en kraak in die middel deur.  'n Rukkie later val die helfde van die tand uit en die tandaards moes die ander deel maar trek teen 'n ongelooflike koste.  Daarna moes ek nog 4 stopsels kry.  Toe trek ons tandaards rekening al waar ek gewoonlik vir 3 of 4 jaar s'n betaal in Suid Afrika.  'n Paar weke later, toe ek 'n olyf eet (wat ongelukkig 'n pit in gehad het), byt ek die olyf en daar breek my voorste kroon mors af.  Nie los of op 'n vasplak tipe afbreek nie - mors af!

Nou ja, nadat ek maar my huil klaar gehuil het oor ek toe soos 'n uittand boemelaar lyk, moes ek plan maak en daardie plan lê nie in Australie nie, want om daardie tand te vervang kos baie geld!!!

Ek bel toe maar gou vir my neef wat 'n tandtegnikus in PTA is en hy gee my toe pryse oor nuwe tande, krone en alles is wat ek nodig het.  Nadat ek pryse met my tandaards bespreek het en 'n behoorlike vergelyking getref het, was daar net een oplossing en dit is reguit Suid Afrika toe.   Net daar bespreek ons toe maar my plek op 'n vliegtuig en hier sit ek nou pens en pootjies in die middel van my behandeling.  My besoek, spandeergeld, vliegkaartjie, 5 krone en 'n gebit kos my minder as 'n derde van wat dit in Australie sou gekos het.

Dit voel baie vreemd om terug te wees in Suid Afirka. Ek wou werklik nie so gou terug wees nie, maar omstandighede is omstandighede. Dit is darem lekker om die familie en vriende weer te sien.

Suid Afrika het baie duur geword.  Ek het nogal gedink om klere te kom koop, maar dit het ek nou maar gelos, want K-Mart, Big W, Target, Jay-Jay's en Supré is net so beskostigbaar soos Ackermans, Jet, Miladies, ens. As jy kwaliteit met kwaliteit vergelyk, dink ek dit is maar dieselfde.

Kos het baie duur geword, maar uiteet is nog steeds so lekker en goedkoop (as mens nou met Australie pryse vergelyk).

Ek het vandag lekker geshop by China Mall en daar is goed werklik nog goedkoop.

Maar nou ja, die plek het nie veel verander nie.  Ek voel nog steeds baie onveilig en ek was skaars 24uur in die land toe is ons betrokke by 'n road rage insident.  Ai, ons het vir 'n oomblik ons lewens gevrees met 'n onnosele man wat aan ons venster kom slaan het, maar het dit gelukkig oorleef om weg te jaag.

Ek verlang vreeslik na my man, kinders en ons sorgelose lewe in Sydney.

Ek kan dit self nie glo nie, maar toe die vliegtuig hier in SA land, toe besef ek .... Australia is nou my tuiste.  Ek het net kom kuier en goedkoop tande koop ....

(PS - inbox my as julle die tandtegnikus se besonderhede soek as jy dalk ook hulp nodig het)


Thursday, 9 May 2013

Vandag 4 maande in Australia

Ons is vandag al 4 maande in ons nuwe land.  Ons is goed inburger in ons huis.  Ons container en al ons meubels het gerriveer en wonder bo wonder ... die lewe gaan aan!!!

Ons het al besoekers van SA gekry en so baie het gebeur ... maar wag, kom ek begin my ons aankoms 4 maande terug.

Die vlug hierheen
Toe ons op daar die vliegtuig klim die 8ste Januarie 2013, toe voel dit of die wêreld se stress van ons skouers afval!!! Dit is 'n ongelooflike verligting om uiteindelik te wees waar jy die afgelope twee en 'n half jaar aan beplan het. 

Om te land was weer-eens baie emosioneel.  Elke keer as ons Australia toe gekom het, weet jy dit is vir 'n kort rukkie.  Nou is dit permanent!!! Hierdie is nou huis!  Dit is so 'n wonderlike, onwerklike gevoel!!!! 

Let well ... G'day Welcome Home!!!!!


Skoonfandamily
Sarel se broer en ons skoonsus saam met hul dogtertjie het ons ingewag by die lughawe.  Ek kan nie beskryf hoe lekker dit is om familie naby te hê nie.  Ek voel werklik jammer vir die mense wat totaal alleen hierdie pad aandurf.  Om iemand aan die ander kant te ken help werklik.  Ek kan ook noem dat 2 weke nadat ons geland het, het Sarel se suster en haar gesin ook geland. Hulle gaan hulsef in Canberra vestig.

Ons het sommer direk van die lughawe, ons klomp bagasie by ons huurhuis gaan sit.

Huurhuis
Ons is ook baie bevoorreg om sommer onmiddelik in 'n huurhuis in te trek. (soos in vorige post genome) Dit was in die beplanning dat ons vinnig 'n huurhuis sou kry, maar dit was ook nie so maklik nie. 

Ons huisie van voor afgeneem


1ste paar dae
Ons het daardie 1ste aand by skoonsus-hulle gaan slaap. Dit was die rustigste slaap in 'n lang tyd.  Al die stres was verby!

Skoonsus-hulle het ons huurhuis behoorlik toegerus met alles wat ons nodig het.  Ons het opblaas matrasse / beddens, kombuisware, eetkamer tafel (wat ook dien as lessenaar) en sitkamerstoele.  Skoonsus het gesorg dat ons 'n ketel, toaster, borde, eetgerei, potte en pan en "utensils" het wat ons nodig sal kry.  Die groot bonus was toe ons die kaste oopmaak en daar is 'n kas vol groceries ... alles wat mens in die eerste paar dae sal nodig kry!!! Ons is so bevoorreg en bederf met hierdie wonderlike skoonfamilie van my!!

Hulle het ons "kamp" tydperk in die huis werklik maklik gemaak.

Yskas
Ons moes redelik dringend 'n yskas kry ... so 1ste dag het ons gery om 'n Yskas te gaan soek.  'n Goedkoop een wat later sal dien as 'n "back-up" yskas (ons het 'n ordentlike yskas in die container van SA gebring).  Ons het eers na 'n plek met die naam The Good Guys gegaan. Hulle verkoop "shop damaged goods" en ook produkte wat die laaste van 'n reeks is.  Dus, die pryse is baie goed en mens kan hulle afstry.  Ons het daar 'n paar goeie yskaste teen bekostigbare pryse gesien, maar het tog besluit om ook Bing Lee se pryse te gaan vergelyk.  By Bing Lee het ons 'n yskas van oor die $900 afgestry na $600.  Mens kan ook maklik onderhandel oor die aflewerings koste en soms as mens genoeg onderhandel kry jy werklik goeie winskopies.

Die yskas het ook maar net betyds gekom, want daar was 'n vreeslike hittegolf.  Dit tempratuur het tot 45grade gegaan!!!  (gelukkig het ons dit oorleef!!!)

Ons dubbelbed
Oppad terug van Bing Lee het ons gou huis toe gegaan om 'n paar kleiner goedtjies wat ons gekoop het neer te sit.  Ons ry toe van die huis af terug en besluit om verby die laerskool te ry om te sien hoe dit daar lyk.  'n Entjie van die skool af sien ons toe 'n bed en 'n klomp ander goed op die sypaadjie. 

Nou vir die wat nog nie weet nie, in Australia doen hulle 'n 2 jaarlikste council cleanup. Dit beteken al jou goed wat jy nie meer wil hê nie of wat stukkend is sit jy op die sypaadjie en enige persoon kan dan vat wat hulle wil hê. Dit wat nie gevat word nie gaan ashoop toe.  (Onthou hier is nie 'n bediende of tuinjong wat jou 2de handse goed kan vat nie, so jy moet iets daarmee doen!!!)

Mens kan ook met die munisipaliteit reel om spesiaal by jou huis goed te kom haal, soos bv as jy trek en nie kan wag tot council cleanup datum nie.  Nou hierdie hoop was so 'n spesiale pick-up. Dit was voor 'n leë huis met 'n nota wat gesê het FREE BED. 

Ek en Sarel weet nou al gelukkig lankal oor Council clean-up / bulky goods collection - so ons was voorbereid hierop, maar om so 'n geluk te slaan binne die eerste 24uur wat ons geland het was fantasties.  Die bed was splinternuut (matras en metaal raam).  Die matras het nie 'n merkie op nie! Ek en Sarel het net een kyk vir mekaar gegee en besluit ons vat die bed!  Dan hoef ons nie op opblaas matrasse te slaap nie!!

MAAR PROBLEEM.... hoe kry ons dit by die huis (so 2 km ver)?????

Wel, ons doen maar soos ons in Afrika doen en ons dra die bed!!! (enigste verskil - ons dra dit nie op ons koppe nie). Van die metaal raam het ingepas in die kar, maar die "base" en die matras het nie ingepas nie.  Sarel het toe die metaal goed in die kar huis toe geneem en ek en Megan dra toe die bed huis toe.

Hier dra ek en Megan die bed

Megan vat 'n ruskans langs die pad!

Ons het so 1km gestap en toe is ek en Megan Poegaai!!! Sarel het die metaal base kom haal en huis toe gedra.  Daarna het hy die kar gebring en vir die laaste km het ons weer-eens ons Afrika streke uitgehaal en die matras op die dak gesit en huis toe gekry terwyl ek en Megan dit vasgehou het by die agtervensters uit.

En so lyk die opgemaakte bed (die linne het ek saamgebring in ons tas!)

Nou ja, ons het beplan om 'n ekstra bed koop, so hierdie opgetelde bed spaar ons BAIE!!! SCORE!!!!

Net vir interessantheid, ons het intussen by 'n ander woonbuurt se council cleanup gaan rondkyk en die volgende "opgetel"
  • laaikassies vir die kinders se kamer
  • 3x lessenaar stoele
  • alfa rakkies (ons het vreeslik baie van die in ons container, so hierdie is om ons gebreektes te vervang)
  • Cara het 'n Littlest Petshop storage container vir al haar Littlest Petshop speelgoed gekry
  • Sak vol hangers (goeie kwaliteit)!
  • Hout naaldwerkkas
  • Wit plastiek tuin stoele
  • en nog baie ander goedjies.
Mens kan werklik enige iets langs die pad kry.  Sommige goed is werklik voos en aaklik en hoort op die ashoop, maar as jy rondry en mooi kyk, kan jy werklik goeie kwaliteit goed kry!!!!


In tussen het ons container gekom en ons is behoorlik ingetrek in ons huis.  Ons pas goed aan.  Die kinders is op skool. Hulle loop of ry fiets skool toe en hulle is baie gelukkig.  Lyk my hulle doen ook goed, want ons kry baie goeie resultate van die skool af.

Ek vertel julle volgende keer van die container uitpak en die aanpassing.

Tot later.

Saturday, 2 February 2013

Ons huurhuisie

Baie van my vriende het al gevra hoe ons so gou 'n huis gekry het en van julle het ook al genoem dat ons gelukkig is om so gou 'n huis te kon kry.  Wel, hier is die storie oor ons huurhuis .....

In Oktober 2011 het ek en Sarel 'n "relocation specialist" gesien wat ons in Sydney Noordelike voorstede rondgeneem het. Dit kos redelik baie om van so 'n diens gebruik te maak, maar op die langer duur is dit elke sent werd. Sy het ons na vele woonbuurte geneem en ons al die voor en nadele van die verskillende plekke vertel.

Nie net wys sy mens rond nie, maar sy gee handige voorstelle oor hoe om die trek aan te pak, watter winkels om die beste pryse te kry en baie meer advies. Sy het ook ons na verskillende skole geneem om te sien hoe die skole hier lyk en werk.  Sy gee 'n ongelooflike "behoefte spesifieke" diens. 

Die voordeel om van so 'n diens gebruik te maak is dat mens basies van die begin af die regte omgewing vir jou kies. Baie mense trek in omgewings in waar hul vriende / familie vir hulle sê dit "nice" is of waar die ander Suid-Afrikaners uithang, maar dit is dalk nie jou persoonlike keuse nie.  Elke mens het mos sy eie behoeftes en voorkeure!!!??

In elk geval, ons relocation spcialist, Trish (ook 'n expat van SA), het ons baie mooi gehelp en ons het op 'n paar area's besluit waarmee ons gelukkig en gemaklik voel. 

In April 2012 het ons die kinders mos almal gebring om hul "entry stamp" te kry.  In daardie tyd het ons ook vir Megan na 'n hoërskool toer geneem.  Ons wou Megan 'n geleentheid gee om te sien hoe die skole in Australia lyk. Trish het weer-eens ingespring en ons gehelp en die toer vir ons by Killarney Heights High School gereël.  Dit was een van die woonbuurte / skole waarin ons belang gestel het.

Megan het haar toer vreeslik geniet en haar hart op die skool verloor.  Sy was vreeslik opgewonde om na daardie spesifieke skool te gaan. 

Ons het in Oktober laas jaar begin huis soek in die voergebied van die skool, maar huur huise is BAIE skaars in die gebied.  Gevolglik het ons toe weer vir Trish gevra om uit te help.  Sy het rondgery van huurhuis na huurhuis en ons het so oor die internet met haar gekommunikeer oor die huise waarin ons belang stel en sy het ook via die internet vir ons laat weet wat beskikbaar is.  Siende dat sy ook 'n verkoopsagent is, ken sy natuurlik die mark ongelooflik goed en sy het presies geweet hoe om namens ons met die agtente te onderhandel.

Na 'n misluke aansoek op 'n baie mooi huis was ons werklik onseker of ons 'n huis gaan kry.  Die ander probleem was dat ons vroeg Januarie hier aangekom het en dit is vakansie tyd! Die agente werk nie, so dan is die kans nog minder om 'n huis te kry.

Gelukkig het Trish toe vir ons hierdie huis uit die bloute gekry einde November. Ons het ons aansoek via die internet ingedien en voila!!! Die huis is ons s'n .... maar die catch ... ons moes van Desember af huur.  Dus betaal ons al 'n maand aan die huis voordat ons kon intrek ... maar dit is alles die geld en moeite werd. Trish het vir ons tuindienste en swembad dienste gereel om die huis netjies te hou terwyl ons nog in SA was.  Wow, sy het werklik so baie vir ons gedoen 

Ons is mal oor die huis en die omgewing. Ons is loopafstand van die skole en naby al die nodige winkels.

Hier is 'n paar fotos van ons huisie....
Voorkant van huis


Hoofslaapkamer

Sitkamer

Eetkamer / informele sitkamer

Kombuis


My nuwe yskas!!!

 
Swembad

Patio area

Slaapkamer

Nog 'n slaapkamer
 
(En so "kamp" ons met die nodigste goedjies in die huis!!!)


Dus, as ek dit kan voorstel, iendien julle Sydney se kant toe wil kom, gesels gerus met Trish.  Sy verrig wonderwerke!!!

Besoek haar by:
http://www.simplysydney.com.au/

Friday, 1 February 2013

Om te groet ....

Om te groet is beslis die aakligste deel van ons hele emigrasie proses. 

Ek het eerstens vir die meisies 'n farewell partytjie gereël vroeg in Desember.  Ons het hul beste maats genooi.  Ek dink dit is belangrik dat hulle ook geleentheid gegee was om vaarwel te kon sê.

Kinders en hul beste maats
 
 

Eetgoed en tafel versierings

"Afrika" cupcakes

Elke kind het 'n koala beertjie gekry om huis toe te neem
 

Ek het 'n plek bespreek waar ons 'n groot farewell vir al ons vriende en familie gehou het.  Siende dat dit ons vroeg in Januarie sou vlieg en dat Kersfees tyd so ongemaklike tyd is, het ons besluit om al die vriende en familie op een slag te sien en kans te kry om te groet.  Daar was net eenvoudig nie tyd vir een-een kuiers en braai nie so hierdie was die maklikste uitweg.

Ons het lekker gekuier, gebraai en saamgehuil toe ons gegroet het.

Ons gesin 
Die tafel versierings

Sarel

Aus en SA Cupcakes

Ekke (Chantel)

Megan


Ons het ook vir Neré en Cara se paterne oupa en ouma grootjie gaan groet.

Oupa en Ouma Loots saam met Neré en Cara

Elke groet sessie met vriende, familie en ons diere het in trane opgeëindig!!!  Ek kan dit nie in woorde beskryf hoe moeilik die GROOT GROET is nie.  Dit is werklik die moeilikste deel van die trek!

'n Ander Ontydige Totsiens

Net voor ons Kaapstad toe gegaan het vir ons vakansie, het ons die kat  (Twinkie) en ons 2 hondjies by my ouers gelos.  Die kat het daar gebly, maar na die vakansie het ons die hondjies terug saam ons huis toe geneem.  Twinkie het goed aangepas en het gelukkig gelyk by my ma'le en haar nuwe huis. Op oujaarsdag het my ouers na die midernag diens by kerk gegaan en toe hulle terug kom sien hulle dat Twinkie erg seergekry het na 'n vermoedelike baklei sessie met 'n rondloper kat.  Hulle het die kat toe na die naase nood veearts geneem en daar verneem ons toe dat 'n operasie om die kat te help baie duur is en dat daar geen waarborge is op 'n suksesvolle herstel na die tyd nie. 

3 ure in die nuwe jaar het ons toe besluit om haar maar uit te laat sit. Ai, ek moes daardie nuus aan my liewe Neré vertel toe sy wakker word.  Sy het die kat soos haar eie kind groot gemaak en die kat was haar lewe.  Twinkie het elke aand op haar eie teddie op Neré se bed geslaap.  Siende dat Neré ADHD het, was die kat geweldig terapueties vir haar.  Dit was 'n groot hartseer.  Gelukkig verstaan sy en alhoewel sy nog vreeslik hartseer is, is sy baie volwasse oor die dood van haar geliefde katjie.

Rus in vrede Twinkie



 


Om totsiens te sê aan die hondjies, twee Jack Russels (Xina en Penny) was net so moeilik.  Hulle is deel van die gesin.
Ons is in 'n proses om hulle in Australia te kry, maar dit is 'n storie vir 'n ander keer ... so heel moonlik kan ons die honde later vanjaar by ons hê.

Xina (8 jaar oud)
Penny (6 jaar oud)
 

En so lê hulle altyd by Pappa Sarel


Sarel en sy geliefde honde
 

Die laaste groet was vir ons huis (die huis wat ons liefdevol 'n paar jaar terug gebou het), die woonbuurt en my buurmaatjie wat ons so wonderlik die laaste paar dae gehelp het.  Toe is dit Lughawe toe.  Ek het nooit besef hoe emosioneel (en verlig) daardie trippie sou wees nie.   Dit was werklik moeilik. Maar terselfdertyd was ek verskriklik verlig dat ons uiteindelik die punt bereik het.

My ouers, suster en haar gesin en 'n goeie vriend Robert het ons by die lughawe kom groet.

Hier is 'n foto van ons net voor ons by  customs deur is:


Soos ek alreeds gesê het ... die groetery is beslis die moeilikste deel van die emigrasie, maar dit is net nog 'n stap wat jy moet neem vir die groter doel. 

Gelukkig het ons al meeste familie geskype en gebel en dit voel werklik nie so ver as mens gereeld kan bel en kan skype nie.  Dank die Vader vir moderne tegnologie!!!

Thursday, 17 January 2013

Laaste dae in SA!

Wel, nadat die container daar weg is, het ek so 'n leë gevoel in my hart gehad.  Maar die huis was nog nie leeg nie!!

Ons het nog redelik meubels en goed in die huis gehad wat na verskillende plekke moes gaan. Van die items was doelbewus agtergelaat sodat ons nog vir 'n maand in ons huis kan bly.  Daar is wel 'n handjie vol goed wat hulle nie in die container kon pas nie, maar soos genoem, het dit reeds na die trek maatskappy gegaan om later verskeep te word.

Ons het ten minste nog 'n bed gehad om op te slaap, 'n sitkamer stel en TV waar ons kon TV kyk. Buurvrou maatjie het vir my 'n paar borde, wynglase, 'n pot en 'n pan geleen. Ek het by my ma 'n mikrogolf oond geleen. Ek het ons pickniek mantjie uitgehou en daardie messe en vurke gebruik.  Ek het my Thermomix uitgehou so ons kon ten minste kos maak daarin ook. 

Verder het ek my gunsteling skerp messie, 'n sker, blikoopmaker en 'n opskeplepel uitgehou. (Dit het alles in die tasse saam gekom)

Ons was dus reg om vir so maand in ons huis te woon.

Maar eers het ons die laaste item op ons "bucket list" gaan doen. Ons het vir 'n week na Kaapstad gegaan.  Wel, eintlik het ons in Paarl gebly en daar rondgery, wyn geproe en Tafelberg gaan besoek.

Tafelberg is Suid Afrika se grootste ikoon en dit was vir ons belangrik dat die kinders ten minste Tafelberg sien voordat ons land uit gaan.

Hiermee 'n paar foto's van ons vakansie daar:
 

Wynproe by Nederburg

Kids voor Nederburg se Masterchef kombuis

Afrikaanse Taalmonument in Paarl



Bootrit net buite die hawe

Wynvatte by KWV

KWV

Grootste wynvatte!!! (by KWV)

Bo-op Tafelberg



Wel, na ons vakansie het ons 'n laaste Kersfees in SA by my Ma'le se huis gehad.  Ons het verder die laaste goed in die huis uitgesorteer .... en reggemaak vir ons vlug.

Hierdie 2 fotos is 2 dae voor ons gevlieg het.  Die eerste is die hoop goed wat ons bediende huis toe gevat het en die 2de is die laaste goed wat ons na my ouers se huis geneem het.


 
In my lewe sal ek NOOIT OOOOOIT weet in so groot huis bly nie.  Dit het gevoel of ons nooit die ding sou leeg kry nie.  Hoe groter die huis .... hoe meer crap maak jy bymekaar!!! NOOIT WEER nie.
 
Noudat ons in hierdie huurhuisie in Sydney is, besef ek dat ons die regte ding gedoen het om meeste van ons meubels weg te doen en dat ons 20ft container self te veel is vir wat ons nodig het. 
 
Maar nooit weer 'n groot huis nie ... belowe!!!!!