Timeline

Tuesday, 15 January 2013

En ons het gearriveer!!!

Liewe dagboek ...

Op 9 Januarie 2013 het ons land gesien en ons voete aan wal gesit ...

Wel eintlik voete van die vliegtuig af. Na meer as 2 jaar se beplanning, wag, administrasie en rondskarrel is ons uiteindlik op die plek waar ons wil wees.  Ons is in SYDNEY, AUSTRALIA!!! Dit voel nog so onwerklik!!

Dit was 'n vreeslike woelige en besige maand.  Ek het nie geweet of ek kom of gaan nie.

Maar nou ja, ons het dit reggekry!!! Ons is nou al 'n week in Sydney.  Ons is in ons huurhuis ingetrek en "so far ... so good".

Maar wag, ek het so baie om te vertel dat ek dink ek moet elke dag 'n stukkie vertel om op te vang.

Kom ek begin by die pakkery in Suid Afrika:

Die Container pakkery

Hulle het toe die container kom pak die 10 en 11de Desember 2012, maar mense.... laat ek julle dit vertel .... daardie nonsens van "ag hulle kom pak so dit is nie harde werk nie" is 'n vet pot rubbish!!!

Sonder om doekies om te draai ... jy werk jou gat af! Sien, die trek maatskappy kom daar aan en gee jou so 'n kort rukkie om saam hulle deur die huis te stap en jy vertel alles wat moet gaan, wat is belangrik, wat is 'n "maybe - as daar nog plek in die container is" ens. Wel, 'n sekond nadat ons klaar deur die huis is begin die 4 mans elke in hul eie rigting spring en elkeen doen sy eie ding.

Supervisor is in die Kombuis en ek help hom. Assistent no 1 is besig om die sitkamerbanke te pak en Assistent 2 en 3 het in die garage begin. EN ALMAL SOEK MY DIESELFDE TYD OM RAAD TE VRA!!! Ek was in 3 geskeur die hele dag. Ek het help pak en seker gemaak dat hulle elke hoekie en stukkie spasie benut, want ongelukkig ken hulle hierdie vrou sleg. Ek weet hoe om spasie te maak. Ek het hulle selfs maak goed uitpak en oorpak net om beter spasie te kry.

En so het hulle toe ons hele 540 square meter huis in 'n 20ft container gekry.... behalwe vir 1 gemakstoel en 2 "fênsy" stoele wat ek nie weet hoe om hulle te beskryf nie. Ons het toe later besluit om die items wat nie gepas het nie en ook 'n boks of 2 ander goed in 'n gedeelde container te stuur. Hulle kom toevallig vandag dit pak (dit is gestoor by skoonma) en dan sal ons dit later in die jaar kry.

Maar ek is werklik beïndruk met wat jy alles in 'n 20ft container kan kry!!!

Ons het op nommer laaste besluit om ons yskas, wasmasjien, tuimerdroeer en ons Queen bed saam te neem en dit het gemaak dat daardie container sy nate gaan bars daar op die oseaan.

Mensig, julle moes gesien het hoe hulle die deure van daardie container toe maak. Dit een ou het so aan die bed vasgeklou, dit binne gehou terwyl die ander die deur toe maak om dit binne te kan hou. Ek wonder maar net hoe hulle dit gaan oopmaak, want daardie bed gaan beslis op daardie ou se kop val! Hopelik is dit nie my probleem nie.

Raad aan die wat nog moet pak:  Wel, moenie dink jy kan dit 100% beplan nie.  Probeer, maar wees voorbereid op allerande "snags".  Geniet dit!!!

Kyk gou die fotos van ons pakkery!

So lyk dit terwyl hulle pak

 

Die container het aangekom

Dit is soos "tetris" speel met die verskillende "shapes" van die bokse en goed wat toegedraai is

Ek het nooit gedink hulle gaan alles inkry nie!

En so het die ouens die goed vasgeklou en die deure toegemaak om alles binne te hou


Ons trekspan - wonderlike mense gewees

Dit was werklik emosioneel toe daardie trok daar wegry!  Die container is nou al amper in Sydney en as alles goed gaan sal ons teen die einde van die Januarie / begin Feb ons goed hê.

More vertel ek julle verder ....

4 comments:

  1. Lol, nice blog Chantel. Ja, kan net imagine hoe gepak daai trok was. Remind my aan al die kere wat ek op my tasse moes sit en le om dit toe te kry, lyk of dit gaan oopbars,lol!! Wow, well dis omtrent 'n klomp papierwerk, jy's obviously 'n baie goeie organiser..is jy awailable,lol??
    Wel, goodluck met julle adventures vorentoe. So hoe vind jy dit sover? Wat is die interesantste(whoo daai spelling lyk kwaai) ding wat jy gesien het sover wat anders is as SA?

    Wel, blog maar julle adventures vorentoe, geniet om dit te lees, Happy Finding your feet:)
    Mooi bly
    Jean Houndsome
    Atlanta

    ReplyDelete
  2. Dankie Jean, Ek is glad nie baie georganize nie. Dit verg maar baie inspanning vir my deurmekaar brein, maar soms moet mens net vasbyt en konsentreer :-)
    Sover geniet ons dit hier. Die vreemdste ding sover is die drive-thru drankwinkels. Die koffie kultuur is ook iets nuuts en die self service checkouts by die grocery winkels... kan jy dink hoe dit in SA abuse sal word??? Chat later...

    ReplyDelete
  3. Ha ha ha... Baie oulike blog Chantelle!!! En baie snaaks! Ek dink dis n great idee om jul nuwe lewe in n blog neer te skryf! Klink of julle darem nou bietjie ingesettle het, dis n groot storie om van huis te verander, wat nog te se van land???!

    Sterkte daar en geniet elke oomblik in Oz - skoon, veilig en vol geleenthede! Sien uit na die res van die blog!!!

    Lindie Smith
    South Africa

    ReplyDelete