Timeline

Sunday, 6 January 2013

Nuwe jaar en 2 dae voor ons vlieg

Ai julle, ek kan nie glo dit is al 'n paar dae in 2013 en 2 dae voor ons vlieg nie!!!  Tyd vlieg darem so as jy besig is.

Ek het nog nie kans gekry om julle te vertel van die pakkery en die container wat hier weg is nie.  Ons het 'n week in Wes Kaap gaan vakansie hou ('n laaste item op ons bucket list) en ons laaste Kersfees/Nuwe jaar in Suid Afrika spandeer.



Ek kan nie beskryf hoe baie goed op nommer laaste gedoen moet word nie.  Dit is iets vreeslik en nou ja, ek het ook nie nou skielik tyd êrens gewen nie.

Ek dog net ek laat weet al die lesers dat ons amper vlieg en dat ons nog darem nog lewe en aan die gang is.  Ons land die 9de in Sydney en ek glo ek sal dan meer tyd hê om op te vang met die foto's en om julle te vertel van alles wat die laaste maand gebeur het.

Dus, "sien julle aan die ander kant".

Laaste keer: Groete uit Suid Afrika

1 comment:

  1. Baie sterkte vir die laaste paar ure. Jul sal gou tuis voel in Australie!! Sien jul aan die ander kant!!

    ReplyDelete