Timeline

Friday, 1 February 2013

Om te groet ....

Om te groet is beslis die aakligste deel van ons hele emigrasie proses. 

Ek het eerstens vir die meisies 'n farewell partytjie gereël vroeg in Desember.  Ons het hul beste maats genooi.  Ek dink dit is belangrik dat hulle ook geleentheid gegee was om vaarwel te kon sê.

Kinders en hul beste maats
 
 

Eetgoed en tafel versierings

"Afrika" cupcakes

Elke kind het 'n koala beertjie gekry om huis toe te neem
 

Ek het 'n plek bespreek waar ons 'n groot farewell vir al ons vriende en familie gehou het.  Siende dat dit ons vroeg in Januarie sou vlieg en dat Kersfees tyd so ongemaklike tyd is, het ons besluit om al die vriende en familie op een slag te sien en kans te kry om te groet.  Daar was net eenvoudig nie tyd vir een-een kuiers en braai nie so hierdie was die maklikste uitweg.

Ons het lekker gekuier, gebraai en saamgehuil toe ons gegroet het.

Ons gesin 
Die tafel versierings

Sarel

Aus en SA Cupcakes

Ekke (Chantel)

Megan


Ons het ook vir Neré en Cara se paterne oupa en ouma grootjie gaan groet.

Oupa en Ouma Loots saam met Neré en Cara

Elke groet sessie met vriende, familie en ons diere het in trane opgeëindig!!!  Ek kan dit nie in woorde beskryf hoe moeilik die GROOT GROET is nie.  Dit is werklik die moeilikste deel van die trek!

'n Ander Ontydige Totsiens

Net voor ons Kaapstad toe gegaan het vir ons vakansie, het ons die kat  (Twinkie) en ons 2 hondjies by my ouers gelos.  Die kat het daar gebly, maar na die vakansie het ons die hondjies terug saam ons huis toe geneem.  Twinkie het goed aangepas en het gelukkig gelyk by my ma'le en haar nuwe huis. Op oujaarsdag het my ouers na die midernag diens by kerk gegaan en toe hulle terug kom sien hulle dat Twinkie erg seergekry het na 'n vermoedelike baklei sessie met 'n rondloper kat.  Hulle het die kat toe na die naase nood veearts geneem en daar verneem ons toe dat 'n operasie om die kat te help baie duur is en dat daar geen waarborge is op 'n suksesvolle herstel na die tyd nie. 

3 ure in die nuwe jaar het ons toe besluit om haar maar uit te laat sit. Ai, ek moes daardie nuus aan my liewe Neré vertel toe sy wakker word.  Sy het die kat soos haar eie kind groot gemaak en die kat was haar lewe.  Twinkie het elke aand op haar eie teddie op Neré se bed geslaap.  Siende dat Neré ADHD het, was die kat geweldig terapueties vir haar.  Dit was 'n groot hartseer.  Gelukkig verstaan sy en alhoewel sy nog vreeslik hartseer is, is sy baie volwasse oor die dood van haar geliefde katjie.

Rus in vrede Twinkie



 


Om totsiens te sê aan die hondjies, twee Jack Russels (Xina en Penny) was net so moeilik.  Hulle is deel van die gesin.
Ons is in 'n proses om hulle in Australia te kry, maar dit is 'n storie vir 'n ander keer ... so heel moonlik kan ons die honde later vanjaar by ons hê.

Xina (8 jaar oud)
Penny (6 jaar oud)
 

En so lê hulle altyd by Pappa Sarel


Sarel en sy geliefde honde
 

Die laaste groet was vir ons huis (die huis wat ons liefdevol 'n paar jaar terug gebou het), die woonbuurt en my buurmaatjie wat ons so wonderlik die laaste paar dae gehelp het.  Toe is dit Lughawe toe.  Ek het nooit besef hoe emosioneel (en verlig) daardie trippie sou wees nie.   Dit was werklik moeilik. Maar terselfdertyd was ek verskriklik verlig dat ons uiteindelik die punt bereik het.

My ouers, suster en haar gesin en 'n goeie vriend Robert het ons by die lughawe kom groet.

Hier is 'n foto van ons net voor ons by  customs deur is:


Soos ek alreeds gesê het ... die groetery is beslis die moeilikste deel van die emigrasie, maar dit is net nog 'n stap wat jy moet neem vir die groter doel. 

Gelukkig het ons al meeste familie geskype en gebel en dit voel werklik nie so ver as mens gereeld kan bel en kan skype nie.  Dank die Vader vir moderne tegnologie!!!

No comments:

Post a Comment